Die withaai (Carcharodon carcharias) (ook bekend as witdoodshaai of witdoodhaai) is 'n haai wat rondom die Suid-Afrikaanse kus voorkom, maar ook in alle oseane van die wêreld aangetref word.
Hulle word as gevaarlik beskou, hoewel die mens nie hulle verkose prooi is nie. Om hulle reputasie as 'n "mensvreter" te weerlê, word die naam withaai bo die tradisionele witdoodshaai deur baie natuurliefhebbers verkies. Dit word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie.
Withaai | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Carcharodon A. Smith, 1838 |
Spesie: | C. carcharias |
Binomiale naam | |
Carcharodon carcharias (Linnaeus, 1758) | |
Verspreiding in blou |
Die haai is normaalweg 3 m lank, maar kan langer as 6 m word en weeg dan 1,2 ton. Dit het baie bekend geraak in die reeks Jaws-rolprente. In Engels staan die vis bekend as die great white shark en in Nederlands as die witte haai of mensenhaai.
Die haai is algemeen rondom Kaapstad en word ook by KwaZulu-Natal waargeneem. Daar is baie televisieprogramme van Discovery en National Geographic Channel wat die haaie in Suid-Afrika vertoon.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Withaai, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.