Grootouerdag, of Oupa- en Oumadag, is 'n dag waarop kinders hulle grootouers eer.
Jongmense word aangemoedig om hul grootouers te respekteer en as beskermers van ouer persone se regte en welstand op te tree. In Suid-Afrika word die dag jaarliks op die eerste Sondag van Oktober gevier, kort na die Internasionale Dag vir Ouer Persone, wat op 1 Oktober gedenk word.
As alles te swaar word en so vol ongerief As dit skyn of mense nie meer omgee vir my As ek treurig en alleen voel, wil U tog by my bly.
As my liggaamskragte verswak elke dag As alles te swaar word en so vol ongerief As dit skyn dat mense nie omgee vir my As ek treurig en alleen voel, wil U tog by my wees.
As ek my kwel en bekommer oor elke klein saak As alles my steur en alles my raak As ek dan vir ander tot las voel, o Heer As ek dan tot U kom, troos my tog teer.
As die jare verbygaan so een vir een As ek stil in my kamer soms sit en ween As ek my hart voor U blootlê, o Heer As ek so tot U kom, help my tog weer.
As ek miskien binnekort die doodsdal deurgaan As ek eersdaags miskien voor U troon sal moet staan As ek dan voor U kniel met bewing en vrees Laat die bloed van Jesus my beskerming wees.
Verdere naleeswerk
Prediker 12 in die Bybel.
Verwysings
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Grootouerdag, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses. ®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.