Groothertog Wladimir Aleksandrowitsj Van Rusland

Hierdie naam is volgens die Oos-Slawiese gebruik; die patroniem is Aleksandrowitsj en die van is Romanof.

Wladimir Aleksandrowitsj
Groothertog
Groothertog Wladimir Aleksandrowitsj Van Rusland
Huis Romanof
Vader Aleksander II van Rusland
Moeder Prinses Marie van Hesse-Darmstadt
Gebore 22 April [O.S. 10 April] 1847,
Sint Petersburg, Russiese Ryk
Oorlede 17 Februarie [O.S. 4 Februarie] 1909,
Sint Petersburg
Eggenote Hertogin Marie van Mecklenburg-Schwerin
Kinders Aleksander
Kirill
Boris
Andrei
Jelena

Groothertog Wladimir Aleksandrowitsj (Russies: Влади́мир Александрович; 22 April [O.S. 10 April] 1847 – 17 Februarie [O.S. 4 Februarie] 1909) was ’n seun van keiser Aleksander II van Rusland, ’n broer van Aleksander III en ’n senior groothertog van die Huis van Romanof tydens die bewind van sy broerskind, Nikolaas II.

Lewe

Wladimir het ’n militêre loopbaan gevolg en het belangrike militêre poste beklee tydens die bewind van die laaste drie Russiese keisers. Hy het kuns- en intellektuele belange nagejaag en was voorsitter van Akademie van Beeldende Kunste. Hy was ook beskermheer van verskeie kunstenaars en ’n borg van ballet.

Tydens die bewind van sy pa, Aleksander II, is hy ’n adjudantgeneraal gemaak, asook ’n senator in 1868 en ’n lid van die Staatsraad in 1872. Onder sy broer Aleksander III het hy lid geword van die Ministersraad, bevelvoerder van die Keiserlike Wagkorps en militêre goewerneur van Sint Petersburg. Met Swart Sondag in 1905 tydens die bewind van sy broerskind Nikolaas II, het sy reputasie ’n knou gekry omdat hy militêre goewerneur was. In sy laaste jare het die kloof tussen sy familie en dié van Nikolaas II groter geword. Hy is in 1909 ná ’n beroerte dood.

Wladimir Aleksandrowitsj se agterkleindogter, groothertogin Maria Wladimirowna, is een van die huidige aanspraakmakers op die troon van Rusland.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Groothertog Wladimir Aleksandrowitsj Van Rusland LeweGroothertog Wladimir Aleksandrowitsj Van Rusland Sien ookGroothertog Wladimir Aleksandrowitsj Van Rusland VerwysingsGroothertog Wladimir Aleksandrowitsj Van Rusland Eksterne skakelsGroothertog Wladimir Aleksandrowitsj Van RuslandOos-Slawiese talePatroniemVan

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

TermietRooibloedselMaroela MediaLenteWaterNederlandArmoedeverligtingLeonardo da VinciSeekoeiSekondêre sektor van die ekonomieIndustriële RevolusieWeer (meteorologie)SikloonSelfoonAB de VilliersInsekRuimteMenslike skeletEendbekdierKunselementeNaaldekokerNatriumtiosulfaatKoos BekkerAnale kankerSirkelSonGesonde dieetDundermWet op NaturellengrondChatGPTJohnny RapidOlimpiese SpeleUniondaleStaat PalestinaDieremishandelingAkademiaVierde Industriële RevolusiePornografiese subgenresAntjie KrogVulkanismeDolfynPotchefstroomJazzBeeldspraakVryheidsmanifesByVeerAsemhalingCheslin KolbeVrouOmtrek, oppervlakte en volumeFabelKoppeltekenLeah van NiekerkBipolêre gemoedsteuringLeierMynbouSoogdierElektroniese of digitale mediaGroot vyfGeskiedenis van Suid-AfrikaOorkruipersPesachKewerGeelslangBreedtegraadSout (chemiese stof)KarnivoorNG gemeente MurraysburgIntensiewe vormWiskundige terminologieNasionale VrouemonumentMuskiet🡆 More