Groot Stormsrivierbrug

Die Groot Stormsrivierbrug (voorheen die Paul Sauer-brug) is 'n motorbrug in die Oos-Kaap, Suid-Afrika.

Groot Stormsrivierbrug
Die Stormsrivierbrug omstreeks 1959 of '60, 'n jaar of wat nadat dit voltooi is.
Groot Stormsrivierbrug
Die N2 betonboogbrug oor die Stormsrivier

Geskiedenis

Hierdie brug oor die Stormsrivier is in 1958 voltooi om 'n belangrike skakel in die N2 ('n nasionale pad) tussen George en Gqeberha te vorm. Dit is 'n geribde boogbrug van beton en lê na-aan die kus, met die gevolg dat dit in 'n klam en verwerende seeklimaat staande moet bly. Hierdie brug aan die oostelike kant van die Tuinroete is 190 meter lank en oorspan die Stormsrivier op 'n hoogte van 130 m. Dit het die Stormsrivierpas uitgesny.

Ontwerp-ingenieur

Die ontwerper van die brug was Riccardo Morandi (1902 – 1989), 'n Italiaanse siviele ingenieur van Rome, wat nie net bekend was vir sy brûe in Italië self nie, maar ook in Kanada en Colombia. Die Stormsrivierbrug is as 'n meesterwerk op die gebied van brug-argitektuur en siviele ingenieurswese beskryf.

Verbetering in 1990

Met verloop van tyd het verhoogde motorverkeer dit nogtans noodsaaklik gemaak dat die brug verbreed en versterk moes word. Die ekstra konstruksiewerk is deur die konstruksiemaatskappy HBO Africa gedoen. Die maatskappy is met 'n toekenning vir hierdie projek bekroon.

Dit het 'n bekende plek in die land geword vir avontuurlustiges om hul rekspronge (Eng. bungee jumping) uit te voer.

Ander boogbrûe op die N2

Daar is ook ander betonboogbrûe in Suid-Afrika, soos die Bloukransrivierbrug met 'n span van 272 m, die Van Stadensrivierbrug naby Gqeberha met 'n span van 198 m, die Grootrivierbrug van 189 m en die Bobbejaansrivierbrug van 165 m. Wes van Mosselbaai is 'n balkbrug, die Gouritsrivierbrug, wat 182 m lank is.

Daar is ook 'n hangbrug vir voetgangers aan die mond van die Stormsrivier wat die Stormsrivierbrug genoem word, maar dié is nie in dieselfde klas as die Groot Stormsrivierbrug en soortgelykes wat veel groter motorverkeer dra nie.

Sien ook

Verwysings

Tags:

Groot Stormsrivierbrug GeskiedenisGroot Stormsrivierbrug Ontwerp-ingenieurGroot Stormsrivierbrug Verbetering in 1990Groot Stormsrivierbrug Ander boogbrûe op die N2Groot Stormsrivierbrug Sien ookGroot Stormsrivierbrug VerwysingsGroot StormsrivierbrugOos-KaapSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DoziAfrikaanse taalleerAartappelLieweheersbesieBetonGroepsgebiedewetKlein gekolde katByvoeglike naamwoordDiarreeCorioliskragAntjie KrogKoperJeugdagHemelvaartsdagAntisemitismeGeestesteuringOmgewingskwessies in Suider-AfrikaNeo-NazismeFiela se kindGeskiedenis van AfrikaansLionel PetersonBloedvergiftigingHipoteseVoorvoegselEnkelvoudige sinDiskriminasieMartin Luther King jr.KapitalismeDigitale en analogiese tydKalenderWaterpokkiesAntjie SomersWet op Bantoe-onderwysMagnetismeSeisoenImpakte van toerismeSeksueel oordraagbare infeksieKalsiumTuisbladRenosterViëtnamBywoordPesachPoesWalvisTikTokApostoliese GeloofsendingKapitaal (ekonomie)Koue OorlogDuitse maselsAngolaWaterJodeSuid-Afrikaanse GrensoorlogRuan PienaarKatDansAnglisismeGoogle MapsAfkortingBelastingLiewe HeksieVulkanismeBeeldspraakGoudPersentasiePoësieRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Verlede tydBruto binnelandse produkMahatma GandhiDrama🡆 More