Groot Donker Vlek

Die Groot Donker Vlek (ook bekend as GDS-89, vir Great Dark Spot, 1989) was een van ’n reeks donker vlekke op Neptunus, met ’n voorkoms soortgelyk aan dié van Jupiter se Groot Rooi Vlek.

GDS-89 was die eerste Groot Donker Vlek wat op die planeet waargeneem is, in 1989 deur Nasa se ruimtetuig Voyager 2. Nes Jupiter se vlek is die Groot Donker Vlekke antisikloniese storms. Hulle binnekant is egter redelik wolkloos en dit lyk of hulle korter duur as Jupiter se Groot Rooi Vlek, wat al honderde jare bestaan. Volgens waarnemings deur Voyager 2 en sedertdien deur die Hubble-ruimteteleskoop lyk dit of Neptunus sowat die helfte van die tyd ’n Groot Donker Vlek het.

Groot Donker Vlek
Die Groot Donker Vlek, soos deur Voyager 2 gesien.

Eienskappe

Die donker, ovaalvormige vlek (met aanvanklike afmetings van 13 000 × 6 600 km) van GDS-89 was omtrent dieselfde grootte as die Aarde en het nes Jupiter se Groot Rooi Vlek gelyk. Winde van tot 2 100 km/h is aan die rand van die vlek gemeet, wat die vinnigste winde is wat nog in die Sonnestelsel aangeteken is. Die Groot Donker Vlek is vermoedelik ’n gat in die metaanwolkkombers van Neptunus. Die vlek is op verskillende tye met verskillende vorms en groottes waargeneem.

Die Groot Donker Vlek het groot wit wolke geskep in of net onder die tropopouse, soortgelyk aan hoë cirruswolke op Aarde. Anders as die Aarde se wolke, wat uit yskristalle bestaan, bestaan Neptunus se cirruswolke uit kristalle van bevrore metaan. En terwyl cirruswolke gewoonlik binne ’n paar uur vorm en verdwyn, was die wolke in die Groot Donker Vlek nog sigbaar ná 36 uur, of twee rotasies van die planeet.

Neptunus se donker vlekke kom vermoedelik voor in die troposfeer by laer hoogtes as die ligter, boonste wolkkombers. Omdat hulle stabiele verskynsels is wat maande lank bestaan, is hulle vermoedelik werwelstorms.

Verdwyning

Groot Donker Vlek 
’n Donker vlek op Neptunus in volkleur (links) en blou lig (regs).

Toe Hubble die vlek in November 1994 moes afneem, het dit heeltemal verdwyn. Wetenskaplikes het gedink dit het óf verdwyn óf is bedek. Die meegaande wolke wat steeds voorgekom het, het gewys sommige vorige donker vlekke kan steeds as siklone bestaan, al is hulle nie meer as donker vlekke sigbaar nie. Donker vlekke kan verdwyn as hulle te na aan die ewenaar kom, of andersins vanweë ’n ander, onbekende meganisme.

In 2016 het ’n feitlik soortgelyke vlek in Neptunus se noordelike halfrond ontstaan. Dié vlek, wat die Noordelike Groot Donker Vlek (NGDS) genoem word, was ’n paar jaar lank sigbaar. Dit is onbekend of die vlek steeds teenwoordig is, want waarnemings met Hubble is beperk.

Sien ook

Verwysings

Skakels

  • Groot Donker Vlek  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Groot Donker Vlek EienskappeGroot Donker Vlek VerdwyningGroot Donker Vlek Sien ookGroot Donker Vlek VerwysingsGroot Donker Vlek SkakelsGroot Donker VlekGroot Rooi VlekHubble-ruimteteleskoopJupiterNasaNeptunusVoyager 2

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SlotmasjienAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome2024 Japannese Grand PrixKolonoskopieSelfstandige naamwoordArmeniëIndonesiesNasionale Etruskiese MuseumMaria MagdalenaSonsteekHipertensieLys van Joodse feeste en herdenkingsBloedvergiftigingNederduitse Gereformeerde KerkIlya SutskeverGoudVerenigde State van AmerikaXi JinpingAndré P. BrinkVoortrekkermonumentNG gemeente MoreletaparkBahreinTrappe van vergelykingKarooBybelMondTweebuffelsmeteenslagmorsdoodgeskietfonteinNiersteenAmptelike taalTrevor NasserHannes van WykSamuel Bankman-FriedKrimpvarkie18de eeuBemarkingSportGroot TrekKameelperdLemoenduifPornografiese akteurPous Innocentius IIBoer Soek 'n VrouNierversakingGalblaasOntkiemingJohann RossouwLi KeqiangSachin TendulkarAnale kankerOntwerpVratAnale seksPokkeSeksuele penetrasieSelfoonMusieksimbole2018 Australiese Grand PrixPhilip GlassGeografie van Suid-AfrikaValéry Giscard d’EstaingDissipel vir wie Jesus baie lief was8 AprilAkkedisPubiese hareMichail BoelgakofSlag van BloedrivierLourierboomKinkhoesAardklopFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014KaapstadMiddelmisbruikHentaiInternational Standard Name IdentifierTien Gebooie🡆 More