Aardklop is 'n Suid-Afrikaanse kunstefees wat sedert 1998 jaarliks in die stad Potchefstroom in die Noordwesprovinsie van Suid-Afrika aangebied word.
Die fees bied hoofsaaklik Afrikaanse produksies in teater, dans, kabaret en visuele kunste. Dit is die naasoudste Afrikaanse Kunstefees in die land.
Dié kunstefees word tydens die Septembervakansie van die Noordwes-Universiteit en skole in Noordwes aangebied, aangesien die fees van die fasiliteite soos sale en koshuise van hierdie instellings gebruik maak. Dit word op verskillende plekke in die stad gehou, lok ongeveer 150 000 besoekers en duur vyf dae lank.
Pryse wat uitgedeel word is die Smeltkroes vir beste Afrikaanse verhoogteks en die Aardvark vir grensverskuiwende werk.
Persone aan die spits was/is Giep van Zyl, Marguerite Robinson, Andries Vrey en ander.
Van 29 September tot 3 Oktober 2021 is 'n minifees by die Voortrekkermonument in Pretoria aangebied.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Aardklop, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.