'n Grassnyer is 'n masjien wat bewegende lemme gebruik om gras te sny.
Daar is verskillende soorte grassnyers. Die eenvoudigste soort word deur 'n mens gestoot en is ideaal vir klein grasperke en tuine. Rybare grassnyers is geskik vir groter grasperke soos setperke van gholfbane en ook parke. Die heel grotes word agter 'n trekker getrek en is bruikbaar vir groot parke, langs snelweë en op plase. Die operateur moet altyd beskermende uitrusting dra wanneer met hierdie masjiene gewerk word.
Die grassnyer funksioneer deur die rotasie van een of meer dun lemme, wat die steeltjies van die gras en ander plante nader aan die grond afkap. Hierdeur verminder dit die hoogte van die graslemme (grasblare) tot 'n egalige en meer aanvaarbare voorkoms vir 'n grasperk.
Meeste soorte grassnyers het 'n opvangbak of -sak vir die grassnysels, maar daar is ook soorte wat die snysels fynkap en weer oor die grasperk strooi, dus voeding verskaf vir verdere groei. Hierdie voeding kan in die landbou 'n toepassing hê, maar is ongewens by tuingrasperke, aangesien dit die mat van die grasperk verdik en dit moeiliker maak om te sny en in stand te hou.
Wiki Commons bevat media in verband met Lawn mower. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Grassnyer, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.