Gereformeerde Kerk Stegi

Die Gereformeerde kerk Stegi was een van twee gemeentes van die GKSA in Swaziland (nou Eswatini).

Die gemeente was gesentreer om die nedersettings Stegi (waarvan die naam later Siteki geword het) en Bremersdorp (wat later Manzini geword het).

Sowel die Gereformeerde kerk Stegi as die Gereformeerde kerk Goedgegun is in 1926 gestig, maar Goedgegun het in 1964 ontbind, ’n jaar voor Stegi. Reeds in 1960 het Stegi net 39 belydende en 34 dooplidmate gehad en in die jaar waarin hy ontbind is, net 14. Oudl. Neel van Staden het tot met die ontbinding van die gemeente in die kerkraad gedien. Met sy vertrek uit Swaziland het hy die Kanselbybel en -stoel saamgeneem na Komatipoort, waar hy ook betrokke was by die bou van die kerk en is albei die artikels nog in die gemeente se besit.

Die NG gemeente Bremersdorp, wat in 1944 gestig is, is later ingelyf by die NG gemeente Goedgegun, wat vandag (2016) nog bestaan.

Bronne

  • (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1960. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1961. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Vogel, Willem (red.). 2015. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2016. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Tags:

EswatiniGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaManziniSiteki

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VerkoueKapitaal (ekonomie)Toestand van materieOntdekking van die chemiese elementeAanhalingstekensSkarlakenkoorsBeeldspraakMarie AntoinetteFinale OplossingWeer (meteorologie)SpeelkaartGeldWinnie Madikizela-MandelaAngolese BurgeroorlogMaatskappySendelingposisieDialoog in fiksieDierEnkelvoudige sinPornografiePenisCradock-4HartStollingsgesteenteVeerAfrikaanse WikipediaEuropaMorfologie (taalkunde)SwawelOorkruipersSelfoonJaco JacobsPeriodieke tabelJohannesburgGenitale vratGreta ThunbergEugenetikaDonkiePoësieSterMangelBateAnglisismeEjakulasieAngolaPiesangKlereLongontstekingBTWVoornaamwoordVoyeurismePastoorLys van Suider-Afrikaanse soogdiereSuid-SothoGloeilampNeurenberg-verhoreBloeddrukVaginaKinderregteKopieregCremonaVoedselkettingFluoorAlkoholismeRenaissanceGrondwetLika BerningBloukraanvoëlWapen van Suid-AfrikaElandréKernoorlogAnale kankerAntjie KrogEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaMieliestronkBosluisbytkoorsBipolêre gemoedsteuring🡆 More