Gereformeerde Kerk Pretoria-Rooiwal

Die Gereformeerde kerk Pretoria-Rooiwal is ’n gemeente van die Gereformeerde Kerk (GKSA) in die kleinhoewegebiede noord van Pretoria en suid van Hammanskraal.

Die gebiede binne die gemeentegrense sluit Haakdoring, Haakdoringboom, Hammanskraal, die hoewes noord van Bon Accord en Onderstepoort in.

Gereformeerde Kerk
Pretoria-Rooiwal
Gereformeerde Kerk Pretoria-Rooiwal
Sluit in  Haakdoring
Haakdoringboom
Hammanskraal
Onderstepoort
Klassis  Trans-Magalies/
Trans Mogale
Huidige predikant(e)  vakant
Belydende lidmate  68
Dooplidmate  9
Adres Plot 139
Marieloulaan
Grootvlei, Pretoria
Geskiedenis
Stigtingsdatum  1972
Afgestig van  Wonderboompoort
Eerste predikant  J.C. Lessing (1973–1974)
Gereformeerde Kerk Pretoria-Rooiwal
Ds. P.G.W. du Plessis, die leraar van 1975 tot 1993. Dié foto is geneem toe hy op universiteit was.

Die gemeente het in 1972 afgestig van die Gereformeerde kerk Wonderboompoort, wat in 1960 gestig is en wie se kerkgebou geleë is by Genl. Beyersstraat 256, Pretoria-Noord. Die nuwe gemeente het aanvanklik sy eredienste en byeenkomste in die saal van die Laerskool Uniefees op Rooiwal, noord van Pretoria, gehou. In 1977 het die gemeente 10 morg grond aangekoop waarop hulle ’n kerk wou oprig. Dié gebou is dan ook op 19 en 20 Februarie 1983 in gebruik geneem. Die kerkraad van die Gereformeerde kerk Piet Retief het die klok van die ontbinde Gereformeerde kerk Stegi (Bremersdorp, eSwatini, 1926–1965) aan Rooiwal geskenk. Vir dié klok het Ben Nel van Witbank ’n staalkonstruksie ontwerp en aan die kerk geskenk.

Pretoria-Rooiwal het sedert die begin van die 21ste eeu minder goed gevaar met betrekking tot die handhawing van sy lidmaattal: einde 2001 was hier 250 belydende en dooplidmate, maar einde 2014 net 131 belydende en 33 dooplidmate.

Predikante

  1. Lessing, Johannes Christiaan, 1973 – 1974
  2. Du Plessis, Pieter Gert Wessel, 1975 – 1993 (aanvaar sy emeritaat)
  3. Snyman, Willem Marthinus, 1993 – 1996
  4. Stavast, Hendrik Lammert, 1997 – 2001
  5. Bogaards, dr. Attie Hendrik, 2004 – 2019

Bronne

Eksterne skakels

Tags:

Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaPretoria

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Letterlike en figuurlike taalgebruikLys van medisinale kruieLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)ShakaStaatstoelaeKlem-in-die-kaakGeestesteuringVratRina HugoBybelPuntSeksuele opwekkingKweekhuisgasTierNedersettingKongo-krisisVersamelnaamDiarreeEierstokSuid-SothoDarwinismeSterHector PietersonHamburgerSwangerskapOntdekking van goud in Suid-AfrikaPornografieProteaKalsiumKaliumAB de VilliersStruktuur van die AardeViëtnamBotswanaHemelvaartSeksismeHeuningbySaartjie BaartmanSwartbewussynsbewegingSeksuele penetrasieLys van elemente volgens simboolOrgasmeAntoniemMaagOmgewingskwessies in Suider-AfrikaJodeRosa ParksBeesLimfvatstelselRuan PienaarIronieTrappe van vergelykingTemperatuurStedelike hitte-eilandWaterbesoedelingBernice WestElana AfrikaKontinentNG gemeente TheunissenNieuwoudtvilleKoos du PlessisGordelroosMielieDeon GrootKommunikasieGevolge van aardverwarming op oseaneLiefdeKappie (skryfteken)GesondheidAfrikanernasionalismeNatriumtiosulfaat7de LaanRugby🡆 More