Gereformeerde Kerk Goedgegun

Die Gereformeerde kerk Goedgegun was een van twee gemeentes van die GKSA in Swaziland (nou Eswatini).

Die middelpunt van die gemeente was op Goedgegun, die vierde grootste nedersetting in Swaziland, waarvan die naam later verander is na Nhlangano, wat “plek van ontmoeting” beteken.

Gereformeerde Kerk Goedgegun
Die destydse Gereformeerde kerk Goedgegun.
Gereformeerde Kerk Goedgegun
Ds. Jan du Plessis het Goedgegun van 1931 tot sy dood in Februarie 1934 in kombinasie met Piet Retief en Paulpietersburg bedien en van 1932 af ook Stegi.
Gereformeerde Kerk Goedgegun
Ds. P.J. Steyn, leraar van 1958 tot 1962.
Gereformeerde Kerk Goedgegun
Die kerk se hoeksteen, gelê deur ds. Jan Boneschans op 30 November 1928.
Gereformeerde Kerk Goedgegun
Ds. E.W. Meyer (4 September 19203 Augustus 1998) en sy gesin. Hy was die leraar (in kombinasie met Pongola) van 1965 tot 1968.

Die gemeente Goedgegun is in 1926 gestig en was deel van die Klassis Piet Retief. Die hoeksteen van die kerkgebou is op 30 November 1928 deur ds. J.H. Boneschans gelê. Omstreeks 1950 was dit nog ’n volwaardige gemeente met 234 lidmate, maar in 1960 was daar net 91 belydende en 84 dooplidmate. Destyds was Goedgegun in kombinasie met die Gereformeerde kerk Pongola sodat ds. P.J. Steyn albei gemeentes bedien het, terwyl hy op Goedgegun gewoon het. Die gemeente het in 1964 ontbind, ’n jaar voor die Gereformeerde kerk Stegi, wat gesentreer was om die plekke Stegi (later Siteki genoem) en Bremersdorp (deesdae Manzini). Ook die NG gemeente Bremersdorp, gestig in 1944, het ophou bestaan toe dit by Goedgegun ingelyf is.

Die NG gemeente Goedgegun is in 1922 gestig en bestaan vandag (2017) nog. Einde 2014 het die gemeente 90 belydende en 36 dooplidmate gehad einde 2015 onderskeidelik 84 en 33.

Predikante

  1. Steyn, Petrus Jacobus, 1958–1962 (in kombinasie met Pongola)
  2. Meyer, Ernst Walter, 1965–1968 (in kombinasie met Pongola)

Bronne

  • (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1960. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1961. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Vogel, Willem (red.). 2015. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2016. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Tags:

EswatiniGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaNhlangano

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Jo BlackMartin Luther King jr.KoolstofdioksiedKaapse florarykRubik se kubusBreinvliesontstekingSwartrenosterPaddaBrasiliëSharpeville-slagtingKlavierWerkersdagAkuutBorskankerSuikersiekteDikdermJohannesburgKunsmatige intelligensieSkuinsstreepGoudTermietDramaProstaatklierVryheidsmanifesGriepMisdaadDie ontstaan van die dramaOnse VaderVulvaSlangAgtervoegselEngelsAarde se atmosfeerStellenboschPlastiekLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameGewone breukeKrieketWerkwoordSoutsuurKrokodilRenosterKinderregteReënVerantwoordelikheidMeningsverskil oor aardverwarmingTolla van der MerweVingerseksErektiele disfunksieIslamitiese Staat – Khorasan ProvinsieHelpmekaar-kollegeAspoestertjieNederlandsVratGalblaasSoogdierLys van landeHokkieOssewaJan-Willem BreureNuwe TestamentNiemetaalDiatomiese molekuulVrouKwame NkrumahLangste woordKolonisasieMantisFrederik Willem de KlerkRob HersovDialoog in fiksieLeierDeelteken en umlautAntoniemFrankrykSout (chemiese stof)🡆 More