Gereformeerde Kerk Paulpietersburg

Die Gereformeerde kerk Paulpietersburg was ’n gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika op KwaZulu-Natalse dorp Paulpietersburg.

Gereformeerde Kerk
Paulpietersburg
Gereformeerde Kerk Paulpietersburg
Sluit in  Paulpietersburg
Denominasie  Gereformeerde Kerk
Klassis  Piet Retief
Huidige predikant(e)  H.J. Boshoff (laaste)
In kombinasie met  Piet Retief
Belydende lidmate  25 (1950)
Dooplidmate  15 (1950)
Geskiedenis
Stigtingsdatum  1899
Eerste predikant  Derk Rumpff (1910–'13)
Datum ontbind  1951
Ingelyf by  Vryheid

Geskiedenis

Omdat die gemeente van sy stigting in 1899 tot sy ontbinding in 1951 altyd klein was, het hy ’n noue verbintenis met die Piet Retief gehad. So was Paulpietersburg van 1916 tot 1950 tydens die bediening van sewe agtereenvolgende leraars in kombinasie met Piet Retief. Daar was ’n eie kerkgeboutjie op die dorp, wat vandag (2017) nog staan. Omstreeks 1940 het die lidmate sowat 50 getel. Kerklik het die gemeente, soos Vryheid destyds, onder Transvaal geval omdat die dorp deel was van die Nieuwe Republiek.

Predikante

  1. Rumpff, Derk, 1910–1913 (in kombinasie met Standerton)
  2. Coetzee, Jan Viljoen, 1916–1918 (in kombinasie met Piet Retief)
  3. Van der Walt, Johannes Christiaan, 1919–1924 (in kombinasie met Piet Retief)
  4. Du Plessis, Jan Barend, 1931 – 25 Februarie 1934 (in kombinasie met Piet Retief; oorlede in die amp; sy enigste gemeente)
  5. Vorster, Johannes Lodewikus, 1935–1938 (in kombinasie met Piet Retief)
  6. Van der Walt, Dirk Jacobus, 1939–1942 (in kombinasie met Piet Retief)
  7. Venter, Tjaart Nicolaas, 1945–1947 (in kombinasie met Piet Retief)
  8. Boshoff, Hendrik Jan, 1949-1950 (in kombinasie met Piet Retief)

Predikantegalery

Bronne

  • (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Aministratiewe Buro.
  • (af) Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Sien ook


Tags:

Gereformeerde Kerk Paulpietersburg GeskiedenisGereformeerde Kerk Paulpietersburg PredikanteGereformeerde Kerk Paulpietersburg PredikantegaleryGereformeerde Kerk Paulpietersburg BronneGereformeerde Kerk Paulpietersburg Sien ookGereformeerde Kerk PaulpietersburgGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaKwaZulu-NatalPaulpietersburg

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Meningsverskil oor aardverwarmingNoordwesErfenishulpbronInternetBestaansboerderySarel Jacob PretoriusTsongaWoordsoortDuitslandRob HersovJavaScriptNamibiëEthiopiëVerenigde State van AmerikaGeskiedenis (vakgebied)Lyfstraf in skoleAkademiaErica BoyerElektrolietRenosterLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaOmtrek, oppervlakte en volumeNeurenberg-verhorePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaPolisieSomerBelastingMobutu Sese SekoWolkDikdermByung-Chul HanInflasieC.J. LangenhovenStaatstoelaeKlimaatsverandering in AfrikaProvinsies van Suid-AfrikaOm-te-infinitiefkonstruksieSimmetrieGeweldHomoniemKinkhoesJo BlackGeallieerdes van die Tweede WêreldoorlogHamburgerHeupHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalRivierVigsSiya KolisiTierEweknienetwerkLionel MessiVolstruisDubbelpuntGlasLys van bekende Suid-AfrikanersUnited Democratic FrontVlinderPlaattektoniekXenofobie in Suid-AfrikaTekstielMeervoudLongontstekingDrakensbergeBateDolfynBlack SashTamatieBloedvergiftigingSout (chemiese stof)Kunsmatige algemene intelligensieD.J. OppermanGianna MichaelsAdolessensieKompasNazi-DuitslandVingerseksWêreld- Ekonomiese Forum🡆 More