Gereformeerde Kerk Kriel

Die Gereformeerde kerk Kriel is die tweede jongste van die 10 gemeentes in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika se Klassis Piet Retief.

In 2015 was hier 68 belydende en 14 dooplidmate vir ’n sieletal van 82, vergeleke met die Klassis se gemiddelde van 183,1.

Gereformeerde Kerk
Kriel
Gereformeerde Kerk Kriel
Sluit in  Kriel
Klassis  Piet Retief
Huidige predikant(e)  Vakant
In kombinasie met  Nelspruit
Belydende lidmate  53
Dooplidmate  5
Adres H.v. Groenlaan en
Crystal Crescent
Kriel
Geskiedenis
Stigtingsdatum  20 Oktober 1977
Afgestig van  Bethal
Eerste predikant  D.C.P. Stoltz 1978–1982

Die Gereformeerde kerk Kriel het op 22 Oktober 1977 van die Gereformeerde kerk Bethal afgestig. Aanvanklik is die eredienste in die Evkom-klubsaal gehou. Die kerkraad moes Sondagoggend eers die drankbottels en blikke gaan uitvee en die stoele regsit voor kerk. Ds. Van Vuuren van Bethal het daar kerk gehou met 'n groot Castle Lager-reklamebord reg agter die preekstoel. Later is eredienste in die Laerskool Onverwacht se skoolsaal gehou, maar in 1982 is dit verskuif na die tweede Afrikaansmediumskool op die dorp Kriel, naamlik Krielpark. In Maart 1986 het die nuwe sy huidige kerkgebou ingewy.

Predikante

  1. Stoltz, Daniël Cias Petrus, 1979 – 1982
  2. Grobler, Charl Stephanus, 1983 – 1989
  3. Fourie, Matthys Petrus, 1989-1999
  4. Odendaal, Pieter Abraham, 2001 – 2005 (in kombinasie met Evander)
  5. Van Rooy, Petrus Cornelius, 2006 – 2008 (in kombinasie met Bethal)

Bronne

Tags:

Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Onse VaderOranjerivierKletsrymAlkoholismeNedersettingInligtingAardedagBoerboelOmgewingskwessies in Suider-AfrikaLettergreepHerpes simplexAnale kankerMierPolitieke partyToestand van materieXenofobieRenteSpeelkaartToerismeSaartjie BaartmanLetterkundeBedryfstelsel (inligtingstegnologie)VratProvinsies van Suid-AfrikaSASOLWalvisAntjie SomersSamestellende afleidingGeskiedenis (vakgebied)Migrasie van voëlsDwelmmiddelKoos du PlessisDaggaWetenskapEkonomie van Suid-AfrikaBernice WestLien se lankstaanskoeneWitbloedselFabelLys van nedersettings in Suid-AfrikaWikiKlein gekolde katOligopolieMonopoliePropagandaKokerboomWeermagElektrisiteitWes-KaapBesproeiingIngenieursweseOorstromingElana AfrikaRekenaarKindersiektesPolisieOrale seksBybelCradock-4NatuurbewaringVaalrivierSamestellingSuider-AfrikaOntbossingVeerPornografiese subgenresSelfieBorsteTremJohn Brown (aktivis)WaterpokkiesAfro-AmerikanersKlinkerHector Pieterson🡆 More