Gacrux

Gacrux (ook bekend as Gamma Crucis of γ Cru) is die naaste rooireus aan die Son: volgens parallaksmetings tydens die Hipparcos-sending sowat 88,6 ligjare weg.

Gacrux
Die Suiderkruis, met Gamma Crucis bo.
Die Suiderkruis, met Gamma Crucis bo.
Sterrebeeld Suiderkruis
Spektraaltipe M3,5 III
Soort Reusester
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 12h 31m 09.95961s
Deklinasie -57° 06′ 47.5684″
Skynmagnitude (m) 1,64
Absolute magnitude (M) -0,52
B-V-kleurindeks  1,59
U-B-kleurindeks  1,78
Besonderhede
Massa (M) 1,3 ± 0,1
Radius (R) 84
Ligsterkte (L) 1 500
Temperatuur (K) 3 626
Eienskappe
Veranderlikheid Halfreëlmatig
Ander name
CD−56 4504, Gl 470, HD 108903, HIP 61084, HR 4763, LTT 4752, SAO 240019
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Met ’n skynbare magnitude van 1,63 is dit die derde helderste ster in die suidelike sterrebeeld Suiderkruis (Crux) en een van die helderstes aan die naghemel. ’n Lyn van Alpha Centauri deur Beta Centauri lei tot binne ’n paar grade van dié ster.

Eienskappe

Pulseringsperiodes
Periode
(dae)
Amplitude
(magnitude)
12,1 0,016
15,1 0,027
16,5 0,016
54,8 0,026
82,7 0,015
104,9 0,016

Gacrux het ’n sterreklassifikasie van M3,5 III. Dit het die hoofreeks verlaat, maar is waarskynlik in die rooireusetak eerder as die asimptotiese reusetak. Hoewel sy massa net 30% groter as die Son s’n is, het dit uitgesit tot 84 keer so groot.

Sy ligsterkte is sowat 1 500 keer dié van die Son. Met ’n effektiewe temperatuur van 3 626 K het Gamma Crucis ’n prominente rooi-oranje kleur, soos ander sterre met dié klassifikasie. Dit is ’n halfreëlmatige veranderlike met veelvoudige periodes. (Sien tabel links.)

Die atmosfeer van die ster bevat baie barium, wat verduidelik kan word aan die hand van materiaal wat van ’n verder ontwikklede ster af oorgedra word. So ’n metgesel sou gewoonlik ’n witdwerg geword het.

Geen so ’n metgesel is egter nog ontdek nie. ’n Optiese metgesel met ’n skynbare magnitude van 6,4 lê wel sowat 2 boogminute weg teen ’n posisiehoek van 128 grade en kan met ’n verkyker gesien word.

Name

Die ster se Bayer-naam is "Gamma Crucis". Die historiese naam, "Gacrux", is deur die sterrekundige Elijah Hinsdale Burritt gevestig. Dit is ’n verkorte vorm van Gamma Crucis.

In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Gacrux" vir die ster goedgekeur.

Verwysings

Eksterne skakels

12h 31m 09.95961s, −57° 06′ 47.5684″

Tags:

Gacrux EienskappeGacrux NameGacrux VerwysingsGacrux Eksterne skakelsGacruxHipparcosLigjareParallaksRooireusSon

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Hector PietersonAnale kankerNederlandSenuweestelselMisdaadKlem-in-die-kaakWes-KaapSteve BikoWilna SnymanMagneetErektiele disfunksieMangelontstekingAfrikaanse TaalmonumentArmoedeWiskundige terminologieTuisbladAnilingusGeografie van Suid-AfrikaOmgewingskwessies in Suider-AfrikaMenslike skeletDramaTikTokStereotipeKaapstadPampoentjiesSeksuele penetrasieDirekte en Indirekte redeSwedeWerkersdagTsoenamiBloeddrukLewerEjakulasieWelwillendheidsdag16 NovemberKameelperdNasiebouMierNiemetaalJeugdagSilwerLys van Afrikaanse rolprenteNamakwalandPseudowetenskapHartDistrik SesYsterOnderhandelinge om apartheid te beëindigCarles PuigdemontChristiaan Frederik BeyersLiefdeBysteekNoord-KaapDie Stem van Suid-AfrikaSout (chemiese stof)GeldDialoog in fiksieConsolidated B-24 LiberatorMaatskappyMagnesiumLongVoëlNeurenberg-verhoreNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartySeksMadison IvySeksismeLys van Afrikaanse skrywersStaatstoelaeKinkhoesInflasieNG gemeente Jansenville🡆 More