François Sagat

François Sagat (gebore op 5 Junie 1979) is ’n Franse gay porno-akteur, model en regisseur wat ook al in hoofstroommedia verskyn het.

Hy is veral bekend vir sy rowwe voorkoms en die haartatoe oor sy hele kop.

François Sagat
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Sagat in 2009 op die Folsomstraat-fees.

Alias Azzedine
Geboorte 5 Junie 1979 (1979-06-05) (44 jaar oud)
Cognac, Frankryk
Nasionaliteit Frans
Beroep(e) Pornoster
Rolprente Arabesque, Saw VI, Man at Bath, L.A. Zombie, François Sagat's Incubus
Webwerf www.francoissagat.com
Toekennings David-prys vir beste Europese akteur (2006)
GayVN-prys vir beste akteur (2007)
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Loopbaan

François Sagat 
Sagat deel handtekeninge uit.

Op 25-jarige ouderdom is Sagat deur die Franse pornografie-ateljee Citébeur in diens geneem. ’n Paar weke later het hy onder die skuilnaam Azzedine in sy eerste volwassefliek gespeel. Dit was ’n kitstreffer en hy het besluit om porno ’n voltydse loopbaan te maak.

Ná verskeie flieks by Citébeur onder die naam Azzedine, is hy na Amerika genooi en het hy daar in die pornoprent Arabesque deur Raging Stallion verskyn onder sy geboortenaam, François Sagat. Hy het tot in 2006 by Raging Stallion gebly en in 2007 ’n ekslusiewe pornoster vir Titan Media geword. Hoewel hy veral vir sy gay prente bekend is, het hy ook ’n paar biseksuele tonele gedoen, veral in die prent Gay Arab Club.

Sagat het ook as modemodel opgetree en sedert 2009 in hoofstroomprente soos Saw VI (2009), Man at Bath (2010) en L.A. Zombie (2010) verskyn. In laasgenoemde vertolk hy die rol van ’n daklose skisofreen wat dink hy is ’n zombie van ’n ander planeet wat na die aarde gestuur is. Hy swerf deur die strate van Los Angeles en probeer die dooies deur homoseksuele seks lewend maak. Beide L.A. Zombie en Man at Bath se première was in 2010 op die Internasionale Locarno-rolprentfees in Switserland, en Sagat was die enigste akteur in die hoofrol van twee kompetisie-inskrywings op die fees.

In 2011 het hy die François Sagat's Incubus-volwassefliekreeks begin regisseer en vervaardig. In dieselfde jaar het hy verskyn in die fliekreeks François Sagat: The New Leading Man, wat by die Museum vir Kuns en Ontwerp in New York aangebied is. Benewens die wys van sy pornografiese en niepornografiese rolle, het die reeks ’n meestersklas deur Sagat ingesluit oor sy benadering tot toneelspel.

Tatoes

François Sagat 
Sagat in die hoofrol van L.A. Zombie (2010).

Sagat is bekend vir die tatoeëermerk wat oor sy hele kop strek. In ’n onderhoud het hy verduidelik sy hare het begin min raak en hy het gevoel sy kop is te lank en uit proporsie. Hy het toe die tatoe gekry om sy kop meer simmetries te laat lyk.

Hy het nog ’n buitengewone tatoe, die kombinasie van ’n sekelmaan en ster wat op sommige Arabiese lande se vlag voorkom. Hy het verduidelik hy hou van Arabiese mans en sy tatoe is ’n eerbewys aan dié mense en die kulture wat hy bewonder en respekteer.

Hy het ’n derde tatoe, aan sy linkerarm, met sy van in Griekse letters ΣΑΓΑΤ (lees SAGAT).

Bemarking, mode en musiek

Sagat is aktief op sy blog, waar hy sy skeppingsvermoë op uiteenlopende en intieme maniere verken. Benewens promosiemateriaal, publiseer hy sy kunswerke, intieme blikke op sy persoonlike lewe, video's oor verskeie onderwerpe en persoonlike weergawes van liedjies. Daar is Sagat-speelgoed beskibaar, onder meer ’n dildo wat werklik van sy penis af gevorm is met realistiese are, eikel en voorhuid.

Sagat is ook betrokke by mode, onder meer ’n reeks François Sagat Classics-drag. en werk saam met die Franse etiket Fade. Verder is hy die skepper van erotiese kuns. In 2013 het Sagat sy eie aanlyn modereeks van straatdrag, sportdrag, onderklere en bykomstighede met die naam KICKSAGAT aangekondig in samewerking met sy werkvennoot PH. Sagat het alles ontwerp.

Uittrede

In 2013 het Sagat ’n kort swart-en-wit video uitgereik waarin hy sy uittrede uit porno aankondig. Die reeks Incubus van twee jaar tevore was sy laaste rolprente.

Verwysings

Eksterne skakels


Tags:

François Sagat LoopbaanFrançois Sagat TatoesFrançois Sagat Bemarking, mode en musiekFrançois Sagat UittredeFrançois Sagat VerwysingsFrançois Sagat Eksterne skakelsFrançois Sagat19795 JunieFrankrykGayHaartatoePornoster

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VratHemelvaartsdag19de eeuFotosintesePlae van EgipteGalblaasKatChemiese reaksieGraaff-ReinetBraaiRussiese inval in Oekraïne sedert 2022GrondwetJan BloukaasVoegwoordMasturbasieGroot DepressieKoos BekkerKapitaal (ekonomie)SkoolJohannes KerkorrelOrale seksE-posKremetartDonkieBoomPrimêre sektor van die ekonomieJodeOos-KaapTropiese sikloonKrugerwildtuinHemelvaartHadjGevolge van aardverwarming op oseaneJacobus Hendrik PierneefWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaVerstedelikingHuisvliegJaarHeupVerenigde State van AmerikaVuurhoutjieMangelSlavenka Drakulićzc8a2TandbederfStaalAfrikaansViëtnamoorlogFabelMynbouNatuurrampRob HersovOorstromingAardverwarmingStam (taalkunde)FlydubaiWêreld- Ekonomiese ForumLiefdeSkeurbuikKunsmatige intelligensieSosiale mediaSeksualiteitNeil ArmstrongWatersuiwering7de LaanLeonardo da VinciStereotipeTylaToerismeLidwoordHerpes simplexTegnologieLys van nedersettings in Suid-Afrika🡆 More