Duvha-Kragstasie: Kragstasie in Suid-Afrika

Die Duvha-kragstasie in Mpumalanga, Suid-Afrika, is 'n steenkoolkragsentrale wat deur Eskom bedryf word.

Die 300 meter-hoë skoorstene by Duvha is die tweede en derde hoogste strukture in Afrika, slegs 'n skoorsteen in die Secunda CTL-aanleg is hoër.

Duvha-Kragstasie: Geskiedenis, Kragopwekking, Bewerings van korrupsie
Duvha vanaf die buitewyke van Witbank gesien.

Geskiedenis

Duvha-Kragstasie: Geskiedenis, Kragopwekking, Bewerings van korrupsie 
Duvha-Kragstasie: Geskiedenis, Kragopwekking, Bewerings van korrupsie 
Duvha
Ligging van Duvha in Suid-Afrika.

Bouwerk aan die Duvha-kragstasie het in November 1975 begin en die laaste eenheid is in 1984 in werking gestel.

In 1993 word Duvha die eerste kragstasie in die wêreld wat toegerus is met polsstraalfilteraanlegte op drie van sy ses eenhede. Hierdie aanlegte dra grootliks by tot die vermindering van lugbesoedeling deur 99,99% van die vliegas te verwyder, wat andersins deur die stasie se skoorstene in die lug vrygestel sou word.

Op 8 Januarie 2003 het die eenheid 2-kragopwekker ontplof terwyl hy na 'n wanfunksie weer in gebruik gestel is. Op 9 Februarie 2011 het 'n ander eenheid katastrofies gefaal tydens 'n spoedtoetsing. Die eenhede het 'n topsnelheid van 3600 r/min en die laaste waargenome snelheid voor die mislukking was 4250 r/min.

Dit was die eerste kragstasie in Suid-Afrika wat 'n swart kragstasiebestuurder, Ehud Matya, gehad het.

Kragopwekking

Die stasie bestaan uit ses 600 MW eenhede met 'n totale geïnstalleerde kapasiteit van 3600 MW wat werk teen 'n turbine maksimum deurlopende waardering van 37,6%.

Die stasie is 'n tweelingsuster van die Tutuka-kragstasie.

Bewerings van korrupsie

In April 2017 het die Amerikaanse maatskappy, General Electric, Eskom daarvan beskuldig dat hulle 'n tender by die Duvha-kragstasie gemanipuleer het om na die Chinese staatsbeheerde maatskappy Dongfang te gaan, al was hul bod R1 miljard hoër as dié van sy mededingers. Die besluit is geneem agt dae nadat die polities verbonde adviesfirma Trillian die voorlegging van Dongfang aanbeveel het. Die meerderheidsaandeelhouer van Trillian, Salim Essa, is 'n hegte vennoot van die Guptafamilie, wat 'n gesellige verhouding met voormalige president Jacob Zuma gehad het.

Koördinate

Verwysings

Eksterne skakels


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Duvha-Kragstasie GeskiedenisDuvha-Kragstasie KragopwekkingDuvha-Kragstasie Bewerings van korrupsieDuvha-Kragstasie KoördinateDuvha-Kragstasie VerwysingsDuvha-Kragstasie Eksterne skakelsDuvha-KragstasieEskomMpumalangaSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

TswanaElana AfrikaJudaïsmeVerantwoordelikheidSteenkool in Suid-AfrikaSteve HofmeyrVoedselkettingKankerLandbouHaasGalileo GalileiEllipstekenSharpeville-slagtingNic de JagerOnbemande vliegtuigRob HersovMenstruasieSpysverteringstelselHeuningbyMenslike seksuele gedragPersoonlikheidGeskiedenis van Suid-AfrikaBestaansboerderyAnilingusSpringbokkeVerkleurmannetjieSweedsLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaDiskriminasieGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaGoogle TranslateVaginale kankerByung-Chul HanBosvarkReënKlimaatsverandering in AfrikaNasionale lied van Suid-AfrikaSendelingposisieTafelbergLys van Afrikaanse rolprenteAardbewingKatoenRooms-Katolieke KerkHartMeningsverskil oor aardverwarmingSelfvertroueThomas EdisonSebraJuraLys van Afrikaanse televisiereekseNierRegverdige handelDramaWalvisIngenieursweseChemiese elementProteaSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureMiddelmisbruikNiemetaalMisdaadArmoedeBTWNarsistiese persoonlikheidsteuringLidwoordInternetCoca-ColaLeeuMierRobert SobukweDiarreeRuimteBruin huisslangBybel🡆 More