Doctor Zhivago (Russies: До́ктор Жива́го; Afrikaans: Dokter Zjiwago) is ’n epiese drama-romanse-oorlog-rolprent van 1965 wat deur David Lean geregisseer is en losweg op ’n roman van Boris Pasternak gegrond is.
Dit was dekades lank gewild en is sedert 2010 die agtste mees winsgewende rolprent van alle tye in Amerika as inflasie in ag geneem word.
Doctor Zhivago | |
---|---|
Regisseur | David Lean |
Draaiboek | Boris Pasternak (roman) Robert Bolt (draaiboek) |
Met | Omar Sharif Geraldine Chaplin Julie Christie |
Musiek deur | Maurice Jarre |
Kinematografie | Freddie Young |
Redigeerder | Norman Savage |
Uitgereik | 1965 |
Speeltyd | 197 min |
Land | VSA |
Taal | Engels |
IMDb-profiel |
Die raamwerk waarbinne die rolprent afspeel, is die KGB-offisier Yevgraf Zhivago (Alec Guinness) se soektog in die Sowjetunie na die buite-egtelike kind van sy halfbroer, die dokter en digter Yuri Zhivago (Omar Sharif), en sy minnares Lara Antipova (Julie Christie). Yevgraf glo ’n jong vrou met die naam Tonya Komarovskaya (Rita Tushingham) wat by ’n damprojek werk, is dalk sy broerskind.
Yevgraf vertel Tonya die verhaal van haar pa se lewe. Dit fokus op die liefdesdriehoek tussen Yuri Zhivago, sy vrou Tonya Gromeko (Geraldine Chaplin) en sy minnares Lara en speel hoofsaaklik af in die onstuimige tydperk 1912–1923, die jare van die Eerste Wêreldoorlog, die Russiese Rewolusie, die val van die regering van tsaar Nikolaas II en die beginjare van die Sowjetunie.
Danksy ’n balalaika ken Yevgraf haar eindelik as sy broerskind uit.
Die rolprent het vyf Oscars gewen en is vir nog vyf benoem, waaronder beste rolprent. Dit het Oscars gewen vir:
Wiki Commons bevat media in verband met Doctor Zhivago. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Doctor Zhivago, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.