Die Docodonta is 'n uitgestorwe groep diere wat vroeër as een van die primitiefste ordes van die ware soogdiere (Mammalia) beskou is, maar nou dikwels as 'n sustergroep daarvan gesien word.
Die dokodonte en die ware soogdiere word dan saam as die Mammaliaformes gesien.
Docodonta | |
---|---|
Voorstelling van Castorocauda, 'n akwatiese dokodont | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
(geen rang): | |
Klas: | |
(geen rang): | |
Orde: | Docodonta Kretzoi, 1946 |
Die oudste fossiele van hierdie groep is uit die middel-jura. Die eerste fossiele is meer as 'n eeu gelede in die Morrison-formasie van Wyoming en Colorado aangetref, hulle stam uit die laat-jura en word saam met groot dinosourusse soos die Sauropoda aangetref. Die meeste fossiele van hierdie diere bestaan net uit tande, maar Haldanodon uit die Portugese laat-jura bestaan uit talle kake, party skedels en 'n skelet. Haldanodon was dalk 'n grawer. Uit die middel-jura van China is in 2006 'n skelet gevind van Castorocauda wat dalk 'n akwatiese lewenswyse gehad het.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Docodonta, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.