Die Kortverhaal Van Die Grieke En Romeine I En Ii

Die kortverhaal van die Grieke en Romeine I en II is twee bundels vertalings (dikwels met toeligting) deur T.J.

Haarhoff">T.J. Haarhoff, wat in 1935 uitgegee is.

Die twee boeke vorm die laaste deel van 'n reeks kortverhaalbundels onder redaksie van Gerrit Dekker, wat ook die Moderne Hollandse, Skandinawiese, Afrikaanse, Engelse, Nieu-Hebreeuse en Franse kortverhale insluit.

Van hierdie vertalings is die eerste gepubliseerde pogings wat aangewend is om uit Latyn en Oudgrieks in Afrikaans te vertaal, en dit lank voordat 'n volledige vertaling van Herodotus se geskiedenisbeskrywing byvoorbeeld eers in 1994 gepubliseer is (bloot omdat Van Rensburg se vertaling sedert 1971 geen gewillige uitgewer kon vind nie).

Ander, soos in die geval van die Aeneïs deur Vergilius, het Haarhoff reeds enkele versvertalings gemaak in sy Tria Corda (1931), wel fragmentaries, terwyl hy in hierdie twee bundels prosavertalings lewer, wat meer verklarend is, maar wat tog vergelyk kan word met die vertalings en woordgebruik van T.J. Benade (1975, Die Aeneïs) en N.A. Blanckenberg (1975, Van wapens en 'n man) wat eers later sou verskyn het.

Die taalgebruik neig wel formeel (byna ooreenkomstig die 1933-Bybeltaal), en waar nodig is argaïsmes en neerlandismes gebruik vir effek.

Die skrywer koester in die inleiding die hoop, ofskoon dit enigsins 'n floue hoop is, dat die menslikheid van hierdie verhale iets mag bydra tot die verstaan van die "humanitas" van die antieke wêreld, tot die bestryding van die populêre begrip van "klassicisme", en tot die vermindering van die bittere vooroordeel wat daar in Suid-Afrika bestaan het teen die Griekse en die Romeinse beskawings in die 1920's en 1930's. Vergelyk sy ander boek, Die Klassieke in Suid-Afrika, maar ook C.M. van den Heever se Die Afrikaanse gedagte, by name die hoofstuk: Waarde van die Klassieke

Deel I

Die Kortverhaal Van Die Grieke En Romeine I En Ii

Deel II

Die Kortverhaal Van Die Grieke En Romeine I En Ii

Verwysings

Tags:

T.J. Haarhoff

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SC 04 Westfalia HerneAnneli van RooyenEthiopiese kalenderVoedselkettingNRumatiekGenetiese manipulasieLeeuSAnrich HerbstAgapantOogproblemeBorskankerSonHendrik WitbooiTweede VryheidsoorlogMiltKweperSkarlakenkoorsReddingskakeAdolf HitlerKlem-in-die-kaakTien GebooieAlkoholismeLettergreepBesoedelingGRiley VoelkelBambi WoodsMaría KodamaBynierAbercrombie & FitchKoos KombuisNederduitse Gereformeerde KerkLangste woordTogoMarie AntoinetteChamillionaireJesus van NasaretCarles PuigdemontTab ThackerKoekie (rekenaarwetenskap)Emilia ClarkeApollo 11GeorgiëAfrikaanse wielewaalVoortrekkermonumentMasturbasieEFotosinteseGeloftedagArmoedeBeesKlankverskynselsHeilige geskrifteNoord-KaapVerenigde State van AmerikaVisRockmusiekEkonomie van Suid-AfrikaLillie-broodboomKwitansiePeriodieke tabelTurksvySeksueel oordraagbare infeksieIrakVreemde Stad (album)Afkorting606OsloBiljoenKonjunktivitis🡆 More