David Attenborough (8 Mei 1926-) is 'n Britse natuurkundige en TV-persoonlikheid.
Hy het talle TV-programme oor die natuur en diere oor die wêreld gemaak. Dit sluit in Life on Earth (1978), The Living Planet (1983), The Blue Planet (2001) en Life of Mammals (2002). Hy is in 1974 tot Kommandeur in die Orde van die Britse Ryk benoem en ontvang in 1980 'n Bafta Fellowship Award.
David Attenborough | |
---|---|
David Attenborough in 2003 | |
Gebore | David Frederick Attenborough 8 Mei 1926 Isleworth, Londen |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Alma mater | Universiteit van Cambridge |
Beroep | Natuurkundige, TV-persoonlikheid |
Bekend vir | Natuurprogramme |
Titel | Sir |
Eggenoot | Jane Elizabeth Ebsworth Oriel |
Kinders | Robert en Susan |
David Frederick Attenborough is op 8 Mei 1926 in Londen gebore en word in Leicester groot. Hy is die jonger broer van die Britse akteur en rolprentmaker Richard Attenborough en die ouer broer van John Attenborough, 'n uitvoerende bestuurder in die motorbedryf. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het sy ouers twee Joodse vlugteling-meisies aangeneem.
Attenborough het al van kindsbeen fossiele, klippe en ander voorwerpe uit die natuur versamel. Hy voltooi sy skoolloopbaan aan die Wyggeston Grammar School for Boys, waarna hy in 1945 'n beurs wen om aan die Clare College, 'n kollege van die Universiteit van Cambridge, te studeer. Hy studeer daar geologie en dierkunde en verwerf 'n graad in die natuurwetenskappe. In 1947 is hy vir diensplig in die Britse Vloot opgeroep en was twee jaar in Noord-Wallis en die Firth of Forth gestasioneer.
In 1950 trou hy met Jane Elizabeth Ebsworth Oriel. Twee kinders, Robert en Susan, is uit die huwelik gebore. Sy is egter in 1997 oorlede.
Ná afloop van sy diensplig begin Attenborough by 'n uitgewery te werk, waar hy die redakteur van wetenskaphandboeke vir kinders was. In 1950 doen hy aansoek vir 'n werk as radiovervaardiger by die BBC. Hy het nie die werk gekry nie, maar is wel opleiding van 3 maande aangebied. In 1952 sluit hy voltyds by die BBC aan.
Verskeie spesies is na hom genoem, onder andere die mierystervark Zaglossus attenboroughi, die akkedis Platysaurus attenboroughi, die karnivoriese plant Nepenthes attenboroughii, die Ecuadoriaanse boom Blakea attenboroughi, die spinnekop Prethopalpus attenboroughi en drie fossiele: die treksprinkaan Electrotettix attenboroughi, die plesiosauriër Attenborosaurus conybeari en die vis Materpiscis attenboroughi.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article David Attenborough, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.