Bafta

'n Bafta of BAFTA is ’n prys van die Britse Akademie vir Rolprent- en Televisiekuns (Engels: British Academy of Film and Television Arts).

    Hierdie artikel handel oor die rolprent- en televisieprys. Vir ’n artikel oor die akademie, sien Britse Akademie vir Rolprent- en Televisiekuns.

Hierdie pryse word jaarliks op ’n luisterryke seremonie toegeken, onder meer vir die beste rolprente, TV-programme en akteurs. Van 2008 af word dit in die Royal Opera House in Sentraal-Londen gehou. Die 70ste Bafta-toekenningsaand is op 12 Februarie 2017 aangebied.

 Bafta British Academy Film Awards 

Die 2008-seremonie.
Die 2008-seremonie.
Toegeken vir Uitmuntendheid in die rolprentbedryf
Borg Britse Akademie vir Rolprent- en Televisiekuns
Land Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Datum Jaarliks in Februarie
Vorige naam British Film Academy Awards
Eerste toekenning 29 Mei 1949 (1949-05-29) (74 jaar oud)
Webtuiste bafta.org

Geskiedenis

Die Britse Akademie vir Rolprent- en Televisiekuns is in 1947 as die Britse Rolprentakademie gestig deur David Lean, Alexander Korda, Carol Reed, Charles Laughton, Roger Manvell en andere. In 1958 het die akademie met die Gilde van Televisievervaardigers en -regisseurs saamgesmelt om die Rolprent- en Televisievereniging te vorm. Dit het in 1976 sy huidige naam gekry.

Die akademie se pryse is in die vorm van ’n teatermasker wat deur die Amerikaanse beeldhouer Mitzi Cunliffe ontwerp is. Die seremonie het voorheen in April of Mei plaasgevind, maar word sedert 2002 in Februarie elke jaar gehou om die Oscars vooraf te gaan. Die meeste pryse kan aan iemand van enige nasionaliteit toegeken word, maar daar is ’n prys vir 'n uitnemende Britse prent en uitnemende debuut deur ’n Britse skrywer, vervaardiger of regisseur. Slegs Britse prente kan wen in die kategorieë Britse kortprent en Britse kortanimasie.

Die seremonie word effens ná die tyd op dieselfde aand in Brittanje en oor die hele wêreld uitgesaai.

Ander pryse (niemededingend)

  • Die Bafta-fellowship vir ’n lewenslange bydrae tot die televisie- en rolprentwese (sedert 1971)
  • Die prys vir uitnemende bydrae tot die rolprentwese (van 1979 tot 2006 bekend as die Michael Balcon-prys)

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Bafta GeskiedenisBafta Ander pryse (niemededingend)Bafta VerwysingsBafta Eksterne skakelsBaftaEngelsLondenRoyal Opera House

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SeksWaatlemoenMynbouAkuutEkonomiese sektorAnglo-BoereoorlogDwelmmiddelHernubare energiePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaVioolTreinVerkleinwoordJan van RiebeeckNiemetaalDonkieGeboorteDurbanInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandMorfeemTatoeëermerkSoortnaamGipsBiodiversiteitApostoliese GeloofsbelydenisMangelontstekingMynbedryf van Suid-AfrikaToringApokriewe boekeGeweldOnderwysVoëlBreinkaartLys van Suid-Afrikaanse musikanteHondeklipbaaiLeah van NiekerkTuberkuloseSelfstandige naamwoordAfrikaanse TaalmonumentWaarheid-en-versoeningskommissieHindoeïsmeKommunikasieVarkSwaweldioksiedIngrid JonkerVrystaatWynand du ToitSeksismeTweede WêreldoorlogIndustriële RevolusieMisdaadAlkoholismeGenitale vratEnsiklopedieFilosofieLidwoordNiersteenSonpaneelGewasboerdery in Suid-AfrikaSeevlak7de LaanKaapse VlakteKonsentrasiekampPerdebyeBeleggingHerfsGeskiedenis van AfrikaansRegeringGevolge van aardverwarming op oseaneBloeddrukSuid-Afrikaanse GrensoorlogBosluisbytkoorsSeksuele penetrasieKameelperdSmaakLieweheersbesieLodewyk XVI van Frankryk🡆 More