Christo Davids

Christo Davids (20 Augustus 1983, Simonstad) is die tweede oudste van ses kinders in 'n akteursfamilie.

Hy is bekend as akteur en skrywer.

Christo Davids
Geboorte 20 Augustus 1983
Simonstad
Nasionaliteit Suid-Afrika
Beroep(e) Akteur
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Lewe en Werk

Sy oupa Goliath Davids het die rol van Selling Komoeti vertolk in die rolprent Fiela se kind, terwyl sy ooms Lloyd Davids en Peter-John David baie betrokke by jeugteater, dramaregisseurs en beoordelaars is. Al sy broers (Lee-Roy, Wesley, Martin en Goliath) is akteurs, terwyl sy suster Jenny-Lee die jongste is. Sy pa is 'n konstruksie-skrynwerker en sy ma 'n onderwyseres. Christo word op Heidelberg in die Kaap groot en studeer verder aan die Universiteit van die Wes-Kaap, waar hy in 2008 'n LL.B.-graad verwerf.

Hy is 'n bekende akteur, wat ook die belangrike rol van Errol Pieterse vertolk het in die gewilde sepie 7de Laan, waarvoor hy in 2012 en 2013 genomineer is vir 'n "You Spectacular"-toekenning as beste akteur en ook vir 'n Tempo-toekenning as beste akteur. In 1994 maak hy sy buiging in die televisiereeks Onder engele en hy word in 1996 vir ’n Artes-toekenning as beste akteur genomineer vir hierdie rol. Ander televisiereekse waarin hy optree sluit in Meeulanders, Hagenheim streng privaat en Interrogation room. Hy vertolk ook rolle op die verhoog, onder andere in die gewilde drama My naam is Ellen Pakkies van Lizz Meiring (waarvoor hy in 2011 ’n Kanna-toekenning ontvang as beste akteur by die KKNK), Die Krismis van Map Jacobs van Adam Small, Siener in die Suburbs van PG du Plessis en die Engelse Send for Dolly, The Final Whistle en Athol Fugard se Booitjie and the Oubaas (waarvoor hy genomineer word vir ’n Fleur du Cap-toekenning as beste ondersteunende akteur). Vir sy rol in Raka word hy in 2001 bekroon met 'n toekenning as Beste Akteur by die George Kunstefees en in 2000 deur die ATKV as beste akteur in sy streek, terwyl hy vir sy rol Shirley, Goodness and Mercy 'n Naledi-toekenning ontvang. Rolprente waarin hy rolle vertolk sluit in Ernest in the army, Shooting Bokkie, Forgiveness, A Boy Called Twist en Dollars and White Pipes. Ook as regisseur maak hy sy merk en hy behartig onder andere die regie van opvoerings van Sonneblom, Platform 9, Hold on let go en The Final Whistle. Hy is die kunsredakteur van die Cape Heart Theatre Company en saam met Jody Abrahams en Diaan Lawrenson direkteur van Jester Productions. Davids trou in April 2013 met Cindy Khana en hulle woon in Johannesburg.

Skryfwerk

Bullets over Bishop Lavis (wat hy saam met Jody Abrahams geskryf het) debuteer by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees van 2011. Dit handel oor die gemeenskap van Bishop Lavis op die Kaapse Vlakte waar misdaad, dwelms en bendes hoogty vier en dit bitter moeilik is vir enigiemand om van sy afkoms vry te word en sy drome te verwesenlik. Donnie en Jerome is neefs wat soos broers grootword, maar hulle lewens word uitmekaar geruk na 'n skietongeluk. Jerome word vir sewe jaar tronk toe gestuur weens moord en intussen word Donnie 'n vooruitstrewende prokureur wat saam met sy blanke vrou in Tamboerskloof woon. Jare later, wanneer Jerome uit die tronk vrygelaat word, soek hy vir Donnie op en kom die skokkende waarheid uit oor wat werklik daardie dag met die ongeluk gebeur het. Hierdie drama word benoem vir ’n Fiesta-toekenning as beste nuwe drama.

Die radiodrama 'n Onverwagse Krismisboks word in 2013 uitgesaai met die eerste kunstefees van Radiosondergrense. Dit het as tema die probleme van 'n gesin waar die vader afwesig is. Dit speel af twee dae voor Kersfees. Margie is 'n verpleegster by die Tygerberg Hospitaal, waar sy baie keer dubbelskof werk om te probeer voorsien vir haar twee kinders, Zelda en Zak. Haar man, Henry, het haar verlaat toe Zelda drie jaar oud was en sy swanger was met Zak. Zelda het 'n verhouding met George, 'n getroude man, maar toe sy hom vertel dat sy verwag wil hy hê dat sy 'n aborsie moet ondergaan. Terselfdertyd word Zak gearresteer op aanklag van aanranding van 'n vrou aan wie hy dwelms verkoop het. Die prokureur wat hom pro bono verdedig is Henry, wat lankal van die vrou geskei is vir wie hy Margie verlaat het en nooit weer getrou het nie. So kom die familie vir Kersfees bymekaar.

Tussen die bokse is op 18 November 2015 tydens die RSG-kunstefees uitgesaai. Die egpaar, Harry en Jackie Carstens, is na jare besig om die goed in hulle huis in bokse op te pak om te trek. Hulle is haaks oor Harry se rokery en drinkery en dat hy nie gehelp het met die inpakkery nie. Jackie wil skei. As een van die bokse omval, val daar foto’s uit wat herinneringe opdiep, onder andere 'n foto toe Jackie in die hospitaal was met kanker. Gaandeweg word dit egter duidelik dat Harry nie die werklikheid van sy lewe kan aanvaar nie en dit met drank probeer ontvlug. Herinneringe is al wat oor is van sy lewe saam met Jackie.

Sy drama The Final Whistle word in 2005 op die Windhoek-fees aangewys as die beste dramateks. In 2006 word Kinnes van die Twilight in Bloemfontein en die George-fees eweneens as die beste nuwe teks bekroon. Platform 9 is ’n komedie wat onder andere by die Baxterteater in Kaapstad opgevoer word.

Ander verwysings

Verwysings

Tags:

Christo Davids Lewe en WerkChristo Davids SkryfwerkChristo Davids Ander verwysingsChristo Davids VerwysingsChristo DavidsAkteurSimonstadSkrywer

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MusieksimboleRuan PienaarByRenaissanceSanskritMetaalRenosterDataverwerkingMeningsverskil oor aardverwarmingDigtheidPerdMoedersdagKunsmatige algemene intelligensieOlimpiese SomerspeleSkoolEnkelvoudige sinHernubare energieWêreld- Ekonomiese ForumGrondwetAkroniemVerkragtingWaterstofSharpeville-slagtingBurgerregteDialoog in fiksieSteenkoolWaarheid-en-versoeningskommissieNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaCarike KeuzenkampAntieke EgiptePirow BekkerKameelperdKoue OorlogTermietSpelerposisies in rugbyHamburgerKlem-in-die-kaakChemiese elementHemelvaartLeonardo da VinciOrale seksBlaarVolstruis7de LaanOnbemande vliegtuigKlereAngina pectorisWeer (meteorologie)OrtopedieJan-Willem BreureAbstraksie (rekenaarwetenskap)BeesvleisUniondaleDermpoliepSwaziTuberkuloseKalenderFotosinteseRekeningkundeDeon GrootAlkoholismeAfrikaanse WikipediaSportVerantwoordelikheidTemperatuurDierTelwoordVlag van Suid-AfrikaMierRenteBipolêre gemoedsteuringWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaPlae van EgipteFinale Oplossing🡆 More