Christian Wilhelm Walter Wulff (* 19 Junie 1959 in Osnabrück) is 'n Duitse juris en politikus.
Christian Wulff | |
Christian Wulff in 2014 | |
President van Duitsland | |
Ampstermyn 2 Julie 2010 – 17 Februarie 2012 | |
Eerste minister | Angela Merkel |
---|---|
Voorafgegaan deur | Horst Köhler |
Opgevolg deur | Joachim Gauck |
Eerste Minister van Nedersakse | |
Ampstermyn 4 Maart 2003 – 30 Junie 2010 | |
Voorafgegaan deur | Sigmar Gabriel |
Opgevolg deur | David McAllister |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 19 Junie 1959 Osnabrück, Wes-Duitsland (tans Duitsland) |
Politieke party | Christelik-Demokratiese Unie |
Eggenoot/-note | Christiane Wulff (1988–2006) Bettina Körner (2008–hede) |
Kind(ers) | 2 |
Alma mater | Universiteit van Osnabrück |
Religie | Rooms-Katolieke Kerk |
Handtekening |
Sedert 4 Maart 2003 het hy die amp van eerste minister van die deelstaat Nedersakse beklee. Op 30 Junie 2010 is hy deur die Bundesversammlung as nuwe bondspresident van Duitsland en opvolger van Horst Köhler verkies. Hy het op 17 Februarie 2012 bedank ná media-onthullings oor praktyke tydens sy ampstermyn as premier van Nedersakse wat aan korrupsie grens.
Wulff se ouers het van mekaar vervreemd geraak toe hy twee jaar oud was. Nadat die stiefvader die gesin verlaat het, het Wulff op die ouderdom van 16 jaar die versorging van sy moeder oorgeneem wat aan veelvuldige sklerosis gely het en was ook by die opvoeding van sy jonger suster betrokke.
Wullf het by die Elisabeth-skool in Osnabrück skoolgegaan en sy Abitur (Duitse matriekeksamen) by die Ernst-Moritz-Arndt-gimnasium afgelê. Hy het regswetenskappe aan die Universiteit van Osnabrück gestudeer en in 1987 die eerste juristiese staatseksamen afgelê. In 1990 het hy die tweede staatseksamen afgelê en was vervolgens as advokaat in Osnabrück werksaam.
Wulff is Rooms-Katoliek en het twee kinders. Hy was tussen 1988 en 2007 met Christiane Wulff getrou. Uit die huwelik is 'n dogter gebore. Sedert 2008 is hy met sy tweede vrou Bettina getrou wat 'n kind uit 'n vroeëre verhouding het. Hul gemeenskaplike seun is in 2008 gebore.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Christian Wulff, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.