Cheb

Cheb (Duits: Eger) is 'n stad in die uiterste weste van die Tsjeggiese Republiek met 'n bevolking van sowat 32 400 (in 2017).

Cheb
Eger
Cheb

Kaart Wapen
Cheb
Cheb
Vlag
Cheb
 Land Cheb Tsjeggië
 Kraj (gewes) Cheb Karlovarský kraj
 Okres (distrik) Cheb
 Koördinate 50°5′N 12°22′O / 50.083°N 12.367°O / 50.083; 12.367
 Stigting (eerste verwysing) 13 Februarie 1061
 Stadstatus Voor 1179
1242 Neurenbergse reg
1213 Goue Bul van Eger
 Oppervlakte:  
 - Totaal 96,37 vk km
 Hoogte bo seevlak 459 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2017) 32 394
 - Bevolkingsdigtheid 336,1/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2
 Klimaat  
 - Tipe -
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur -
 - Gem. temp. Januarie/Julie -
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae -
 Burgemeester Zdeněk Hrkal
 Amptelike Webwerf www.mestocheb.cz

Cheb, wat aan die Ohře- of Eger-rivier geleë is, is die historiese sentrum van die Egerland en het in die Heilige Romeinse Ryk die status van Vrye Ryksstad verwerf. Vanweë sy strategiese ligging by die kruispunt van handelsroetes tussen die bergreekse Ertsgebergte, Fichtelgebergte en Boheemse Woud het die stad al vroeg tot 'n belangrike handelsentrum ontwikkel. Deesdae vorm masjienbou en brouerye die ekonomiese basis van Cheb.

Cheb
Egerer Stöckl of Špalíček

Cheb se historiese Gotiese, Romaanse en barok-argitektuur sluit onder meer kerkgeboue uit die 13de eeu en die bouval van die ou keiserlike kasteel in. Die historiese markplein word omring deur statige burgerhuise uit verskillende styltydperke en versier deur twee fonteine, Rolands- en Herkulesfontein. 'n Kompleks van elf voormalige winkels staan in Duits bekend as Egerer Stöckl (Tsjeggies: Špalíček). Die Nuwe Raadsaal aan die plein se oostekant het tussen 1723 en 1728 in die barokstyl ontstaan en huisves tans die Galery van Beeldende Kunste en 'n kafee.

Die sogenaamde Gablerhuis, genommer 507, is van 'n indrukwekkende portaal, 'n standbeeld van die Moeder Gods en 'n Rokokofasade voorsien. Die huis, wat 17 genommer is, staan bekend as Schillerhuis (Schillerův dům). Die Duitse digter Friedrich Schiller het hier in 1791 vertoef om aan sy Wallenstein-trilogie te werk. In Eger se historiese stadhuis, wat agter die Stöckl geleë is, het die makabere historiese gebeure afgespeel wat Schiller se belangstelling gewek het. Op 24 Februarie 1634 het die keiserlike kommandant Walter Deveroux hier een van die bekendste persoonlikhede in die tyd van die Dertigjarige Oorlog, die keiserlike generalissimus Albrecht von Wallenstein, doodgesteek. Die moordwapen, 'n uitgestopte perd en Wallenstein se stewels, wat in die stadhuis vertoon word, herinner aan die befaamde Boheemse militaris wat, ná 'n merkwaardige loopbaan as opperbevelhebber, aan die Weense hof en in Spaans-Habsburgse kringe in ongenade geval het.

Verwysings

Tags:

DuitsTsjeggië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MicrosoftKolitisBob JolesBritse algemene verkiesing van 2010GriepMasturbasieDroomLys van Afrikaanse skrywersSuidwesdoringGemeenskapsorganisasieAlfabetAntonio GiovinazziJochem van BruggenVisSondagVachelliaGlottaalSeksuele oriëntasieWapen van Suid-AfrikaZDonkieLys van hoërskole in die Wes-KaapDie Real Housewives van PretoriaKameelperdTeater van Suid-AfrikaIdioomViëtnamoorlogZambezirivierMielieFredi NestAktuarisVaginaNelson MandelaRussiesButch en femmeBakteriePoleLys van Griekse mitologiese figureBotswanaVennootskapRusty SchwimmerRumatiekMiddeloorontstekingAfrikaanse woordelys en spelreëlsWilliams Grand Prix EngineeringSydoringLaosDeelstate van die Verenigde State van AmerikaHaasMeervoudGeelslangBoer Soek 'n VrouErfenisdag (Suid-Afrika)BesproeiingKremetartTuisbladCleopatra VIIMuggieRugbySteve BikoWit-DonderdagGlobaliseringProvinsies van Suid-AfrikaSwangerskapStuifmeelBruin mensePlae van EgipteBelgiëDanie Botha (musikant)WamelPalmsondagWiskundeSonnestelselNepotisme🡆 More