Cato Die Ouere

Cato die ouere (Latyn: Cato Major; 234-149 v.C), gebore as Marcus Porcius Cato, was ’n Romeinse senator en historikus wat bekend was vir sy konserwatisme en teenstand teen hellenisering (vergrieksing).

Hy was ook bekend as Cato die sensor (Cato Censorius), Cato die wyse (Cato Sapiens) en Cato die antieke (Cato Priscus) en was die eerste skrywer van geskiedenis in Latyn.

Marcus Porcius Cato
Cato Die Ouere
’n Borsbeeld wat vermoedelik van Cato die ouere is.
Gebore234 v.C.
Sterf149 v.C. (op 85)
Romeinse Republiek
BeroepPolitikus
TitelGeneraal
EggenootSalonia
GeloofRomeinse politeïs

Hy het gekom uit ’n antieke plebejiese (burgerlike) familie wat bekend was vir hul militêre diens. Soos sy voorouers was Cato verknog aan landbou wanneer hy nie in die weermag was nie. Nadat hy Lucius Valerius Flaccus se aandag getrek het, is hy na Rome gebring waar hy die reeks ampte bekend as cursus honorum gevolg het: Hy was agtereenvolgens tribunus militum (214 v.C.), quaestor (204 v.C.), aedile (199 v.C.), praetor (198 v.C.), junior konsul (195 v.C.) saam met Flaccus en sensor (184 v.C.). As sensor het hy probeer om Rome se antieke gebruike (mos maiorum) te bewaar en "verderflike" Hellenistiese invloede teengestaan.

Sy bynaam "die ouere" onderskei hom van sy ewe beroemde kleinseun Cato die jongere, wat Julius Caesar teengestaan het.

Verwysings

Tags:

GeskiedenisLatyn

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

RefleksieAlliterasieSlawernySwartkwasmuishondNarsismeBalletToestand van materieKultuurNasionaal-SosialismeKinderregteFibonacci-reeksGeskiedenis van kindermishandelingMeningsverskil oor aardverwarmingDriedimensioneelVakbondAfro-AmerikanersVergelykings (taalkunde)RivierBraaiMynbouPersoonlikheidKoerantKoue OorlogOm-te-infinitiefkonstruksieKerngeneeskundeWebwerfAdolf HitlerPad na jou hartMenstruasieNasionalismeErosietipesReg tot ‘n gesonde omgewing16 NovemberOlimpiese SomerspeleNiersteenPenisBesnydenisOplossing (chemie)LandbouIronieHaasBosluisbytkoorsKwaZulu-NatalLys van Joodse feeste en herdenkingsOu Apostoliese Kerk7de LaanTennisTrappe van vergelykingLeenwoordPersoon (taalkunde)GoogleSoogdierMonopolieYouTubeMadison IvyAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidSanskritByung-Chul HanXenofobie in Suid-AfrikaTolla van der MerweGalblaasSlangLionel PetersonStereotipeDeelwoordVrystaatBoerboelGeallieerdes van die Tweede WêreldoorlogBysteekVoedselkettingLys van Nederlandse skildersViëtnamoorlogKankerSuid-Afrikaanse ReserwebankOos-KaapMuskeljaatkatHomoniemGeskiedenis van Suid-Afrika🡆 More