Cape Town Highlanders

Die Cape Town Highlanders is 'n reserwemagregiment in die Suid-Afrikaanse Infanteriekorps van die Suid-Afrikaanse Leër, met hoofkwartier in Kaapstad.

Dit bestaan sedert 1885 en het 'n geskiedenis wat aktiewe deelname aan verskeie koloniale veldslae, die Tweede Vryheidsoorlog, die Eerste Wêreldoorlog, die Tweede Wêreldoorlog, die Angola-veldtog (1975-76), die Grensoorlog, en die Noodtoestand insluit. Die regiment het verskeie gevegsonderskeidings verwerf, en oor die jare is baie lede met dekorasies vereer. Sy leuse is Nemo me impune lacessit ('Niemand raak ongestrafd aan my nie'). Hy dra die Gordon-tartan.

Cape Town Highlanders
Gestig 24 April 1885
Land Suid-Afrika
Weermagdeel Weermag
Onderdeel van Weermag Konvensionele Reserwe
Tipe Infanterie
Spesialisasie Gemeganiseerde infanterie
Hoofkwartier Kaapstad
Aantal lede een bataljon
Mars Cock o' the North

Geskiedenis (Chronologie)

1880's

  • As gevolg van vrese van 'n oorlog tussen Brittanje en Rusland in 1885 is verskeie vrywilligeenhede in Britse kolonies op die been gebring - onder hulle is die Cape Town Highlanders.

1890's

1900's

  • Ontvang in 1904 'n Koningsvaandel ter erkenning van sy diens in die oorlog.
  • Die hertog van Connaught word in 1908 as opperkolonel van die regiment aangestel - die naam word verander na 'Duke of Connaught & Strathearn's Own Cape Town Highlanders'.

1910's

  • Ingelyf by die burgermag van die nuwe Unie Verdedigingsmagte in 1913 as die '6de Infanterie (Duke of Connaught & Strathearn's Own Cape Town Highlanders)' - diensplig bly vrywillig.
  • Duits-Suidwes-Afrika-veldtog (1914-15) - aktiewe diens in Suidwes-Afrika.
  • Baie lede sluit aan by die 4de Suid-Afrikaanse Infanterieregiment en veg in Egipte en op die Wesfront in Frankryk (1916-18).

1920's

  • Affilieer met die Gordon Highlanders (in die Britse leër).

1930's

  • Naam verander na 'Cape Town Highlanders (Duke of Connaught & Strathearn's Own) in 1932.

1940's

  • Noord-Afrika-veldtog (1941-42): die besetting van die Gazala-linie, die verdediging van El Alamein, en die klimaktiese slag van El Alamein opgetree.
  • Italiaanse-veldtog (1944-45) - aktiewe diens in Italië, insluitend die slagte van Monte Cassino, Chiusi, Florence, die Gotiese-linie, Monte Stanco, Monte Pezza, Monte Sole, Monte Caprara, en die deurbraak na die Po-vallei.
  • Koningin Elizabeth (later die koninginmoeder) aangestel as opperkolonel in 1947 - die regiment se naam word verander na 'Queen's Own Cape Town Highlanders' in 1948.

1950's

  • Die vrywillige diensstelsel eindig in 1952 - vanaf 1952 tot 1967 is burgers vir diensplig geloot.

1960's

  • Met republiekwording in 1961 verander die regiment sy naam na 'Cape Town Highlanders'.
  • Ontvang die Vryheid van Toegang tot die Stad Kaapstad.
  • Vanaf 1968 tot 1993 is burgermagdiens verpligtend ('nasionale diensplig').

1970's

  • Angola-veldtog (1975-76) - aktiewe diens in Angola.
  • Grensoorlog - verskeie operasionele diensbeurte in noordelike Suidwes-Afrika en suidelike Angola.

1980's

  • Noodtoestand (1985-90) - verskeie keer vir binnelandse veiligheidsdienste opgeroep.
  • Die regiment vier sy eeufees in 1985.

1990's

  • Sedert 1994 is militêre diens weer vrywillig.
  • Toe die burgermag na 1994 in die reserwemag omskep is word die CTH 'n reserwemageenheid.

Gevegsonderskeidings

  • Bechuanaland 1896-97
  • South Africa 1899-1902
  • South West Africa 1915
  • Western Desert 1941-43; Alem Hamza; Best Post; Alamein Defence; Alamein Box; El Alamein
  • Italy 1944-45; Casino II; Chiusi; Florence; The Greve; Gothic Line; Monte Stanco; Monte Pezza; Sole/Caprara; Po Valley

Verwysings

  • Orpen, N.D. (1970). Cape Town Highlanders 1885-1970.
  • Orpen, N.D. (1985). Cape Town Highlanders 1970-1985.
  • Stirling, J. (1907). The Colonials in South Africa 1899-1902.

Tags:

1885Eerste WêreldoorlogGrensoorlog (1966-89)KaapstadSuid-Afrikaanse InfanteriekorpsSuid-Afrikaanse LeërTweede VryheidsoorlogTweede Wêreldoorlog

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

LettergreepVoorsetselBruin menseDeneysvilleRassisme in AfrikaLys van Afrikaanse skrywersBreingewasBloedvergiftigingWapen van Suid-AfrikaAssiriëBoor (element)DokterMalariaJamie MillerSonTsoenamiStollingsgesteenteLieweheersbesieSuikersiekteVerenigde koninkrykHerpes simplexDysselsdorpKamphoerSendelingposisieVerenigde KoninkrykReënspinnekopRooikophoutkapper29 AprilOu Apostoliese KerkSmall HandsGrondsoorteLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaSex (toneelstuk)AnusNarsismeKonsonantAkademiaKarlien van JaarsveldJacob ZumaSeekoeiLys van Suid-Afrikaanse musikanteBloemfonteinElandréPretvilleGrootrietrotEekhoringHeuningbyAfrikaanse Protestantse KerkVir die voëlsBoer Soek 'n VrouPiet-my-vrouSkaapSuid-AfrikaSeksuele opwekkingGeografie van Suid-AfrikaTownshipMasturbasieBlouwildebeesElon MuskDroomSaraikiHeupvervangingNederlandVlag van AfghanistanJohan StemmetCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaOrganismeArmand AucampLongKatBosvarkKameeldoringMIV/vigs in Suid-AfrikaHoër Landbouskool BolandErfenisLeeuGravis-aksentteken🡆 More