Bryde se walvis (Balaenoptera brydei) is die onbekendste en in baie opsigte die mees ongewone vinwalvis.
Hierdie walvisse is klein (in vergelyking met ander vinwalvisse) en weeg nie meer as 25 ton nie. Hulle verkies ook matige en tropiese waters, in vergelyking met die ander vinwalvisse, wat ook volop in poolstreke is. Hierdie walvisse word ook nader aan die kus aangetref en, alhoewel hulle die karakteristieke baardplate besit wat deur baardwalvisse gebruik word om baie klein diertjies mee te vang, bestaan hulle dieet hoofsaaklik uit vis, veral ansjovis en haring.
Bryde se walvis | |
---|---|
Vergelyking in grootte met die gemiddelde mens | |
Nie genoeg data nie | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | B. brydei B. edeni |
Binomiale naam | |
Balaenoptera brydei Olsen, 1913 | |
Balaenoptera edeni Anderson, 1879 |
Hulle is wydverspreid in tropiese en subtropiese waters, met 'n afsonderlike, dwergspesie wat in die tropiese waters van die Westelike Stille Oseaan en Suid-Oos-Asië aangetref word. Die walvis is vernoem na Johan Bryde (1858 – 1925) wat vroeg in die 20ste eeu die Sweedse konsul in Suid-Afrika was.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Bryde se walvis, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.