Blougroen-Kuilvissie

Die Blougroen-kuilvissie (Nothobranchius furzeri) is 'n varswater vis wat voorkom in panne in die Gonarezhou Nasionale Park in suid-oos Zimbabwe.

In Engels staan die vis bekend as die Turquoise killifish.

Blougroen-kuilvissie
Blougroen-Kuilvissie
Manlike Nothobranchius furzeri
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Suborde:
Aplocheiloidei
Familie:
Subfamilie:
Aplocheilinae
Genus:
Spesie:
N. furzeri
Binomiale naam
Nothobranchius furzeri
(Jubb, 1971)

Voorkoms

Die vis het 'n stewige lyf met die dorsale vin agter op die lyf, teenoor die anale vin. Beide vinne is omtrent ewe groot. Die stertvin is groot en bolrond. Die kop is groot en bedek met skubbe. Die skubbe is turkoois gekleurd en die rante van die skubbe is rooi. Die dorsale vin en die basis van die stertvin is helder blou met diep rooi kolle of strepe op. Daar is ook konsentriese geel-groen en swart strepe op die stertvin wat uitwaarts straal. Die wyfie is eenvoudig bruin van kleur met die skubbe en wange wat 'n ligte silweragtige of blou skynsel het. Die vis word tot 53 mm lank.

Habitat

Die vis se habitat is tydelike waterpoele in semi-droë gebiede met skaars, wisselvallige reënneerslae. Blougroen-kuilvissies het aangepas by die gereelde droogtetoestande deur die ontwikkeling van uitdroog-weerstandige eiers. Die eiers bly dormant in die droë modder vir een of selfs meer jare. As gevolg van die kort reënseisoene in hulle natuurlike habitat is die leeftyd van hierdie visse beperk tot 'n paar maande. Hulle leeftyd in gevangenskap is net so kort. Dit maak hulle in die wetenskap 'n goeie model vir verouderingsnavorsing.

Sien ook

Blougroen-Kuilvissie 
Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor: Nothobranchius furzeri

Eksterne skakel

Bron

Verwysings

Tags:

Blougroen-Kuilvissie VoorkomsBlougroen-Kuilvissie HabitatBlougroen-Kuilvissie Sien ookBlougroen-Kuilvissie Eksterne skakelBlougroen-Kuilvissie BronBlougroen-Kuilvissie VerwysingsBlougroen-Kuilvissie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VoedingSpreeuPirow BekkerTsoenamiAtlantiese OseaanWaterbesparing in Suid-AfrikaSportEierstokSwart menseResensieTegnologieMIVJesus van NasaretBalletInfeksieKoperToekoms van die AardeLys van myne in Suid-AfrikaMaroela MediaAfrikaanse woordelys en spelreëlsBesoedelingPolisieMorfeemLys van Afrikaanse televisiereekseVleilandOrale seksCarles PuigdemontKolorektale kankerIdioomFluoorSeksismeCurly HowardEkonomieVeranderinge aan Suid-Afrikaanse geografiese nameTaalNederlandKongo-krisisLeierRookgewoonteHage GeingobHemelvaartsdagAnale kankerKunselementeLys van Afrikaanse rolprenteHipoteseMierGriekse teaterRassismeAfrikanernasionalismeVerenigde State van AmerikaSimboolKunsmatige intelligensieBorsteOntdekking van goud in Suid-AfrikaDesmond TutuRina HugoMarsJodeNasionale VrouemonumentMaselsSelfmoordLionel MessiStedelike gebiedKlimaatsverandering in AfrikaOorstromingVryheidsmanifesAnale seksOsoonlaagWiki CommonsSlawernyWillie Joubert7de LaanDysselsdorpDeon Groot🡆 More