Bicerin

Bicerin (Piëmontese uitspraak: ) is 'n tradisionele warmdrank wat inheems is aan die Noordwes-Italiaanse stad Turyn en van espresso (of ristretto), drinksjokolade en crema di latte (of slagroom of volmelk) berei word.

Bicerin
Bicerin
Bicerin
'n Variant van bicerin

Geskiedenis

Bicerin is genoem na die Turynse koffiehuis waar dit vir die eerste keer bedien is - die Caffè al Bicerin. Die besonderhede van die oorspronklike resep bly die koffiehuis se geheim en word van generasie tot generasie oorgedra. Bicerin het sy oorsprong in die 18de eeuse bavareisa, 'n destyds gewilde warmdrank wat van koffie, sjokolade, melk en stroop berei en aanvanklik in aparte glasies bedien is. Vanaf die 19de eeu is bicerin in 'n enkele glasie bedien - in drie variasies: «pur e fiur» (meer of min vergelykbaar met hedendaagse cappuccino), «pur e barba» (koffie en sjokolade) en «’n poc ‘d tut» ("'n klein bietjie van alles").

Die laaste variasie het geblyk die gewildste te wees wat ook deur ander Turynse koffiekroeë oorgeneem is - en word tot vandag toe onveranderd bedien as bicerin. Die warmdrank se naam is afgelei van die klein glasies waarin dit voorgesit is. Bicerin was tradisionel die gewildste warmdrank wat soggens gedrink is - teen 'n prys per glasie wat vanaf die middel van die 19de eeu tot en met 5 Desember 1913 onveranderd gebly het: drie munte of 15 centesimi. Vervolgens is dit verhoog tot 20 centesimi.

Bucerin is in 2001 amptelik erken as "tradisionele Piëmontese drank".

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

EspressoItaliëPiëmonteesTuryn

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PneumatikaGeskiedenis van AfrikaBlourokkeMuggieKonflik (proses)EierleierSondagNuwe TestamentLGBTMenslike skeletLandbou in Suid-AfrikaBorskanker54Spelerposisies in rugbyGewone luislangLys van Afrikaanse digtersRupert MuseumGemeenskapsorganisasieInternasionale Fonetiese AlfabetWaterYouTubeSkildklierSanskritKinkhoesGebande muishondLys van Suid-Afrikaanse musikanteSeksuele stimulasieTropicosGeweldEdelsteenRiley VoelkelEmosieLetterlike en figuurlike taalgebruikGoewerneurPwasaSophie MarceauSuid-Afrikaanse pondAfrikaanse wielewaalNamibiese OnafhanklikheidsoorlogGravis-aksenttekenBeeldhoukunsAnemieGawes van die Heilige GeesSinoniemMangelontstekingNagapieSkeletWynSpringbokTierStemhebbendheidSelfoonSoortnaamStikstofAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeLeeuSlotmasjienEmilia ClarkePeach van PletzenVisTafelbergSeksualiteitLandbouPlaneetSamestellingSpysverteringstelselSuidwesdoringBesoedelingSinsbouKubieke meterProbleemoplossingOutismeEthiopiëHart🡆 More