Musiekgroep Bastille

Bastille, gestileer BΔSTILLE, is 'n Britse indie-rockgroep wat in 2010 in Londen gevorm is.

    Hierdie artikel handel oor die musiekgroep, vir ander gebruike sien Bastille (dubbelsinnigheidsbladsy)

Die groep het begin as 'n solo-projek deur Dan Smith, die groep se hoofsanger en skrywer. Smith het later besluit om die solo-projek in 'n groep te transformeer. Bastille bestaan uit vier lede: Dan Smith, Kyle Simmons, Will Farquarson en Chris Wood. Die groep se naam het ontstaan van die Franse Nasionale Dag, Bastilledag, 'n gebeurtenis wat op hoofsanger Dan Smith se verjaardag, 14 Julie, plaasvind.

Bastille
Musiekgroep Bastille
Bastille te Coachella in 2014 Van Links: Kyle Simmons, Will Farquarson, Chris 'Woody' Wood en Dan Smith
GenresIndie rock, Pop rock, Synthpop
Jare aktief2010 — hede
EtiketteVirgin, Virgin EMI, Capitol Music, Universal Music Group
AssosiasiesDan Smith, To Kill A King, TYDE, Annie Oakley Hanging
Webwerfhttp://www.bastillebastille.com

In Desember 2010 het EMI aangekondig dat hulle die groep 'n platekontrak aangebied het deur Virgin Records. Hul debuut enkelsnit, "Overjoyed" was sodoende in April 2012 bekendgestel. Die groep se eerste studio album, getitel Bad Blood, was in Maart van 2013 bekendgestel. Hierdie album het sy debuut gemaak op die "UK Albums Chart" in eerste posisie. Hulle was genomineer vir vier Brit Awards tydens die 2014 seremonie. Die vier nominasies was vir "British Breakthrough Act", "British Group", "British Single of the Year" en "British Album of the Year". Hulle het die Brit Award gewen vir "British Breakthrough Act".

Die groep het tot hede oor die 2.07 miljoen plate verkoop in die Verenigde Koninkryk.

Geskiedenis

Stigting en Vroeë Bekendstellings

Die orkes het aanvanklik twee addisionele musikante gehad wat die cello en viool gespeel het. Die groep het intussen tot die huidige vier lede verklein. Smith, Simmons, Wood en Farquarson het voor die stigting van die groep saam musiek gespeel. Smith skryf al die musiek vir die groep. Bastille het hul debuut gemaak met hul eerste beperkte uitgawe, 7"/45 rpm enkelsnit, in Junie 2010. Die plaat het twee snitte, "Flaws" en "Icarus", bevat. Slegs 300 van die plate was gedruk en bekendgestel deur die 'Young & Lost Club', platemaatskappy wat in Londen gebaseer is. Hierdie was deur die bekendstelling van Laura Palmer opgevolg in 2011. Hierdie snit was in die wêreld-bekende rekenaarspeletjie, The Sims 3, gebruik. Die groep het toenemende aandag ontvang vanaf aanhangers sowel as die media nadat hulle nog enkelsnitte bekendgestel het op sosiale netwerke soos YouTube en MySpace. Hulle het sodoende meer optredes by bekende musiekfeeste in die Verenigde Koninkryk gewerf soos die Glastonbury Festival. Die groep se musiek is in verskeie televisieprogramme gebruik soos Hollyoaks, Made in Chelsea en The Vampire Diaries.

Die groep het ook twee albums bekendgestel wat samestellings en dekbande van verskeie kunstenaars soos David Guetta,TLC en Fleetwood Mac bevat.

Bad Blood en All This Bad Blood (2012–hede)

Musiekgroep Bastille 
Bastille tydens 'n konsert te Queens' College May Ball, 2013

Op 27 April 2012 het die groep hul eerste amptelike enkelsnit, 'Overjoyed', bekendgestel deur die platemaatskappy 'Virgin Records', soos bevestig deur EMI op 1 Mei 2012. Die tweede enkelsnit van die komende debuut studio-album, was die titel-snit 'Bad Blood' gewees. 'n Meegaande video van díe enkelsnit was op die groep se amptelike VEVO-kanaal op 29 Junie 2012 bekendgestel. 'n digitale weergawe van die snit was deur Virgin Records op 20 Augustus 2012 bekendgestel. Bastille was gedurende Julie 2012 deur die Britse koerant, The Gaurdian, as die 'Nuwe Groep van die Dag' genoem. Die enkelsnit 'Bad Blood' het in die VK op nommer 90 gedebuuteer. Díe was die groep se eerste verskynsel op die trefferlys. In Augustus 2012 het die groep by verskeie feeste opgetree in die VK, onder andere Reading en Leeds. Hulle het op 'n klein toer gegaan met die titel "Flaws Tour' gedurende Oktober 2012, met 'Swiss Lips' as hul voorprogram. Hul derde enkelsnit, 'n hervrystelling van hul eerste nie-album bekendstelling, getiteld 'Flaws' was 'n kommersiële sukses. Hierdie enkelsnit het Bastille hul eerste verskyning op die 'UK Top 40' trefferlys verwerf, met 'n debuut-posisie van nommer een-en-twintig.

Musiekgroep Bastille 
Dan Smith by die Provinssirock Fees 2013 in Seinäjoki, Finland

In Februarie 2013 het Bastille hul vierde enkelsnit, 'Pompeii', vanaf Bad Blood aangekondig. Die liedjie was positief opgeneem deur resensente en het die tweede posisie gehaal in die Verenigde Koninkryk en vyfde in die Verenigde State van Amerika. Bastille se debuut album, 'Bad Blood', was op 4 Maart 2013 vrygestel en het die top posisie gehaal op die UK Albums Chart. Op 11 Maart 2013 was daar aangekondig dat Bastille tydens die Leeds en Reading Fees gedurende Augustus 2013 sal optree. In 'n onderhoud met Digital Spy in Maart 2013 was daar deur die hoofsanger, Dan Smith, aangekondig dat 'Laura Palmer' die vyfde enkelsnit vanaf Bad Blood sal wees. Dit was op 3 Junie 2013 met 'n meegaande video op die groep se VEVO-kanaal bekendgestel. Bastille het by die Engelse rock-groep Muse aangesluit vir hul 'The 2nd Law' toer gedurende Mei 2013 en weer in Junie 2013. Die groep het in Mei 2013 hul Haunt EP in die VSA deur die iTunes web-winkel bekendgestel. Op Saterdag 6 Julie het Bastille hul eerste hoofkonsert by die somer Blissfieldsfees. Smith, die hoofsanger, was aangehaal "Ons is baie opgewonde om ons eerste hoofkonsert by 'n somerfees te kan hê. Veral omdat ons Blissfields baie lief het en omdat hul so ondersteunend was die laaste paar jaar." Die optrede het saamgeval met die groep se eerste verskyning op 'n nasionale musiek publikasie, Notion Magazine. 'Things We Lost In The Fire' was op 24 Augustus 2013 bekendgestel as die sesde en laaste enkelsnit vanaf die groep se debuut album. Die meegaande video was in Vilnius en Kėdainiai, Lithuanië verfilm. Op 3 September 2013 was Bastille se debuut album in die VSA vrygestel op die web-winkel iTunes.

Bastille het op 9 Oktober 2013, 'n nuwe enkelsnit, "Of the Night", 'n mengelmoes van die liedjies "The Rhythm of the Night" deur Corona en "Rhythm Is a Dancer" deur Snap!. Die enkelsnit het in tweede posisie op die UK Singles Chart gedebuuteer. Die liedjie het die groep se vrystelling van All This Bad Blood, 'n heruitreiking van hul debuut album bevorder. All This Bad Blood was op 25 November 2013 uitgereik.

In Januarie 2014, het Will Farquarson in 'n onderhoud met Billboard-tydskrif gesê dat die groep reeds begin het met hul tweede studio-album.

Bastille het tydens die 2014 BRIT Awards die toekenning vir die 'British Breakthrough Act' verower. Hul het op die aand saam met die Britse groep Rudimental opgetree met 'n hermengde weergawe van hul treffer, 'Pompeii', saam met Rudimental se liedjie 'Waiting All Night'. Twee ure na die optrede by die toekeningsgeleentheid was Bastille se album verkope van Bad Blood op met 132%. Dit het die groep 'n tweede week in die eerste posisie op die UK Album Chart verower. Hul treffer 'Pompeii' het nege-en-twintig posisies geklim op die UK Singles Chart.

Bastille het op 25 Januarie 2014 op Saturday Night Live verskyn en opgetree.

Op April 1 2014, het die Official Charts Company aangekondig dat Bad Blood die topverkopende digitale album van 2013 was en Nommer 11 in die algehele 'Official Artist Albums' se Top 40 van 2013.

Diskografie

Studio albums

Lys van studio albums, met sekere trefferlys-posies en sertifisering
Titel Album besonderhede Top trefferlys-posisies Sertifisering
VK
AUS
Oostenryk
BEL
KAN
GER
IER
NLD
NZ
SWI
VSA
Bad Blood
  • Bekendgestel: 4 March 2013 (VK)
  • Uitgewer(s): EMI, Virgin
  • Formaat: CD, LP plaat, digitale aflaaiing
1 10 31 6 19 23 5 22 28 15 11
  • BPI: 2× Platinum
  • ARIA: Goud
  • BVMI: Goud
  • IFPI (Oostenryk): Goud
  • IRMA: Goud
  • MC: Goud
Wild World
  • Bekendgestel: 9 September 2016
  • Uitgewer(s): EMI, Virgin
  • Formaat: CD, digitale aflaaiing
1 7 5 2 7 6 2 12 5 4
  • BPI: Gold
Doom Days
  • Bekendgestel: 14 June 2019
  • Uitgewer(s): EMI, Virgin
  • Formaat: CD, LP plaat, digitale aflaaiing
4 21 10 5 30 9 18 30 8 5
Give Me the Future
  • Bekendgestel: 2022
  • Uitgewer(s):
  • Formaat:

Groeplede

  • Dan Smith, 14 Julie 1986 (ouderdom 30) – hoofsanger, klawerbord, slaginstrumente, vervaardiger, liedskrywer
  • Chris "Woody" Wood, – tromme, agtergrondsanger
  • Kyle Simmons, 5 Februarie 1988 (ouderdom 28) – klawerbord, slaginstrumente, bas, agtergrondsanger
  • William Farquarson, 22 September 1983 (ouderdom 33) – bas, klawerbord, kitaar, akoestiese kitaar, agtergrondsanger
  • Charlie Barnes, 31 Mei 1989 (ouderdom 27) – klawerbord, slaginstrumente, bas, agtergrondsanger

Addisionele personeel

  • Polly Comber (Black Fox Management) – Bestuurder
  • Josh Smith (Black Fox Management) – Bestuurder
  • Paul "Coop" Cooper – Regstreekse ingenieur
  • Jamie Thompson – Beligting Ontwerper
  • Tom Middleton – Filmograaf
  • Martin McAndrew – Verhoogwerker
  • Ben Kingman – Monitor Ingenieur
  • Will Dart – Beligting Ingenieur
  • Dick Meredith – Toer Bestuurder
  • Gregory Nolan – Fotograaf
  • Mark Crew – Vervaardiger

Toekennings en nominasies

Jaar Organisasie Toekenning Werk Uitslag
2013 MTV Europe Music Awards Best Push Hulself Genomineer
Beste Nuweling Hulself Genomineer
2014 Brit Awards British Breakthrough Act Hulself Gewen
Britse Groep Genomineer
Britse Enkelsnit van die Jaar "Pompeii" Genomineer
Britse Album van die Jaar "Bad Blood" Genomineer
Billboard Music Awards New Artist of the Year Hulself Wagtend
World Music Awards Beste Lied "Of the Night" Wagtend
"Pompeii" Wagtend
Beste Video "Of the Night" Wagtend
"Pompeii" Wagtend
Beste Album "Bad Blood" Wagtend
Beste Groep Hulself Wagtend
Beste Regstreekse Optrede Wagtend
mtvU Woodie Awards Best Cover Woodie Miley Cyrus' "We Can't Stop" Gewen
Breaking Woodie Hulself Genomineer
iHeart Radio Music Awards Alternatiewe Rock Lied van die Jaar "Pompeii" Genomineer

Notas

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Verwysings

Tags:

Musiekgroep Bastille GeskiedenisMusiekgroep Bastille DiskografieMusiekgroep Bastille GroepledeMusiekgroep Bastille Toekennings en nominasiesMusiekgroep Bastille NotasMusiekgroep Bastille VerwysingsMusiekgroep BastilleBastilledagDan Smith (Bastille)LondenVerenigde Koninkryk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Labia (geslagsdele)Noord-KaapPlastiekVulkaanBrongitisFotosinteseMickey MuisIdioomLys van nedersettings in Suid-AfrikaAfrikanersTienie HollowaySuid-Afrikaanse InkomstediensSmaakIntensiewe vormSkaapSpelerposisies in rugbyWaterstofBesoedelingBeesvleisDroogteGreen PornoPeriodieke tabelBoelieryGemeenskapsorganisasieSlangDieregeluideOntdekking van die chemiese elementeLugbesoedelingIronieDachshundThys die BosveldklongCarike KeuzenkampFinale OplossingFabelSuid-Afrikaanse GrensoorlogOmtrek, oppervlakte en volumeEkonomieSlimfoonMaatskappyLandbouHibernasieRuimteMetafoorBloedsomloopstelselDeelwoordTsongaGeldTandbederfEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaBreedtegraadLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaSuikersiekteJohn Samuel SchlesingerWinnie Madikizela-MandelaHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalKlereLys van Afrikaanse rolprenteHeidelberg, GautengIsraelKlimaatveranderingYouTube7de LaanWaarheid-en-versoeningskommissieSomerAfrikaanse naguilPseudowetenskapIngrid JonkerGrootste rampe in Suid-AfrikaAdolf HitlerNarsismeDrinkwatervoorsieningBaljuNederlandDiepaartrombose🡆 More