Die baardwalvisse, ook genoem baleinwalvisse, vorm die suborde Mysticeti: een van twee subordes van die Cetacea (walvisagtiges: walvisse, dolfyne en tonyne).
Baardwalvisse | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | Cope, 1891 |
Families | |
Balaenidae | |
Diversiteit | |
Ongeveer 15 spesies |
Baardwalvisse is tandlose walvisse met twee rye horingplate (baleine) wat gebruik word as 'n sif om sy voedsel uit die water te filter. Hierdie eienskap is die Mysticeti se kenmerkende eienskap: die ander suborde, die Odontoceti het almal tande. Baardwalvisse het wel tande terwyl hulle embrios is en daar is fossiele van baardwalvisse ontdek wat ook tande gehad het, vóór hulle baleinplate ontwikkel het. Die suborde bevat vier families en veertien spesies.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Baardwalvis, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.