Arnold Genthe

Arnold Genthe (* 8 Januarie 1869 in Berlyn; † 9 Augustus 1942 in New York) was 'n Amerikaanse fotograaf van Duitse afkoms wat veral bekendheid verwerf het met foto's wat San Francisco se Chinese buurt (Chinatown) en die aardbewing, wat San Francisco in 1906 getref het, gedokumenteer het, maar ook met sy fotoportrette van bekende persoonlikhede uit die openbare lewe en vermaaklikheidsbedryf.

Arnold Genthe
Selfportret (1900)

Lewe en werk

Genthe is in Berlyn gebore, die seun van 'n onderwyser in Grieks en Latyn. Hy het ook self filologie aan die Friedrich-Schiller-Universiteit in Jena gestudeer. In 1894 het hy sy doktorsgraad ontvang.

Genthe het in 1895 na San Francisco geëmigreer, nadat hy 'n tydelike onderwyspos aanvaar het. Omdat hy die beeld van die lewendige stad wou vasvang, het hy homself leer fotografeer. Hy het hom uiteindelik in San Francisco gevestig en omstreeks 1900 'n fotoateljee daar geopen. In die vroeë twintigste eeu het hy 'n later-beroemde reeks foto's in Chinatown geneem. In 1906 het hy 'n aantal wêreldberoemde foto's van die 1906 San Francisco-aardbewing geneem.

Nadat 'n aantal van sy foto's in plaaslike tydskrifte gepubliseer is, het Genthe ook naam gemaak as 'n portretfotograaf. Prominente inwoners van San Francisco en bekende figure soos Sarah Bernhardt en Jack London het hulself deur hom laat afneem. Hy was ook betrokke by artistieke fotografie, het vir 'n ruk by die kunstenaarskolonie in Carmel-by-the-Sea aangesluit en hoofsaaklik met kleur geëksperimenteer.

In 1911 het Genthe na New York verhuis, waar sy roem as portretfotograaf in die volgende dekades nog verder toegeneem het. Gedurende hierdie tydperk het hy onder andere foto's van Theodore Roosevelt, Woodrow Wilson, John D. Rockefeller en ander grotes geneem. Sy reeks portrette van Greta Garbo het alom bekend geword. In 1916 is 'n reeks foto's van die dansers Anna Pavlova, Isadora Duncan en Ruth St. Denis suksesvol gepubliseer in The Book of the Dance. In die 1920's het hy ook 'n reeks stadsbeelde in New Orleans gemaak.

Genthe is in 1942 aan 'n hartaanval dood.

Verwysings

Eksterne skakels

    Versamelings
    New Orleans

Tags:

186919428 Januarie9 AugustusBerlynDuitslandNew York StadSan FranciscoSan Francisco-aardbewingVerenigde State van Amerika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KommaWet op Afsonderlike GerieweKontinentBlomBlourokkeWortelkanaalKilometerAtoomOnderhandelinge om apartheid te beëindigVrymesselarySuid-Afrikaanse UitsaaikorporasieRob HersovAlliterasieNatuurlike hulpbronProteaHolocaustIntensiewe vormFabelAardverwarmingLys van kinderspeletjiesHoërskool Sentraal, BloemfonteinMiddelmisbruikVennootskapSlawernyKorrupsieKlimaatsverandering in AfrikaYslandTrappe van vergelykingMorfologie (taalkunde)BesoedelingGroot Muur van ChinaIngrid JonkerBokmakierieGroot vyfGriekwa-AfrikaansNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyVormKolonisasieMpumalangaGewone breukeMikroskoopSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Kaapse MaleiersVerkleinwoordKoue OorlogArmoedeSeisoenHulpwerkwoordChemiese elementSwitserlandWeervoorspellingGeskiedenis van Suid-AfrikaTuisbladInternetKeelseerMiskruierChromatografieErebus (berg)Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse vlindersSlag van Cuito CuanavaleLys van bekende Suid-AfrikanersMotorvoertuigNazi-DuitslandDuitsElon MuskBrugEben EtzebethBeurtkragGlobaliseringLiefdeHomoniemHeuningbyMadison IvyVrat🡆 More