Die Kimberleykoester (Anthus pseudosimilis) is 'n klein voëltjie wat endemies is aan die savanne-grasvelde in Suid-Afrika en Namibië.
Hierdie voëltjie is eers onlangs beskryf (2002). In Engels staan die voël bekend as die Kimberley pipit.
Kimberleykoester | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. pseudosimilis |
Binomiale naam | |
Anthus pseudosimilis Liversidge & Voelker, 2002 |
Die voël is 18 cm lank en weeg ongeveer 32 gram. Sy vere is hoofsaaklik bruin. Dit lyk baie soos die Nicholsonse koester; die kaakstreep en gesigsmerke is oor die algemeen donkerder en duideliker. Die wenkbroue is ook breër en meer opvallend.
Die kimberleykoester soek insekte op die grond. Dit is monogaam, en die wyfie lê 2 tot 3 blou eiers.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Kimberleykoester, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.