Angelina Jolie: Amerikaanse aktrise (gebore 1975)

Angelina Jolie (gebore Voight; 4 Junie 1975 in Los Angeles, Kalifornië) is 'n Amerikaanse aktrise, filmvervaardiger en humanis.

Sy het 'n Oscar, twee Screen Actors Guild-toekennings en drie Golden Globe-toekennings ontvang, en is bekend as Hollywood se hoogsbetaalde aktrise.

Angelina Jolie
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Angelina Jolie in Junie 2014

Geboortenaam Angelina Jolie Voight
Geboorte 4 Junie 1975 (1975-06-04) (48 jaar oud)
Los Angeles, Kalifornië (Verenigde State)
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Vlag van Kambodja Kambodja
Ouers Jon Voight
Marcheline Bertrand
Lewensmaat Jonny Lee Miller (1996–2000)
Billy Bob Thornton (2000–2003)
Brad Pitt (2014–2016)
Kinders 6 (3 is aangenome)
Beroep(e) Akteur, rolprentvervaardiger
Aktiewe jare 1998-
Rolprente Girl, Interrupted, Maleficent
Toekennings 3 Golden Globes
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Jolie het haar rolprentdebuut as kind saam met haar pa, Jon Voight, gemaak in Lookin' to Get Out (1982). Haar filmloopbaan het 'n dekade later in alle erns begin met die kleinbegrotingproduksie Cyborg 2 (1993), gevolg deur haar eerste hoofrol in 'n groot rolprent, Hackers (1995). Sy het in die kritiesbekroonde biografiese televisiefilms George Wallace (1997) en Gia (1998) opgetree, en het 'n Oscar vir die Beste Byspeler vir haar toneelspel in die drama Girl, Interrupted (1999) ontvang.

Jolie se hoofrol as die videospelheldin Lara Croft in Lara Croft: Tomb Raider (2001) het haar as 'n leidende Hollywoodaktrise gevestig. Sy sit haar suksesvolle aksiesterloopbaan voort met Mr. & Mrs. Smith (2005), Wanted (2008), en Salt (2010), en ontvang lof vir haar optredes in die dramas A Mighty Heart (2007) en Changeling (2008 ), wat haar 'n nominasie vir 'n Oscar as beste aktrise besorg.

Sedert 2010 het sy haar loopbaan uitgebrei met die regie en vervaardiging van die oorlogdramas In the Land of Blood and Honey (2011) en Unbroken (2014), asook die romantiese drama By the Sea (2015). Haar grootste sakesukses sover is die fantasieprent Maleficent (2014).

Haar tatoeëermerke

Angelina Jolie: Amerikaanse aktrise (gebore 1975) 
Jolie in New York met haar tatoes

Angelina se tatoes het baie aandag in die media ontvang en joernaliste vra haar dikwels daaroor uit. Terwyl sy nie gekant is teen naaktonele in films nie, sê sy dat die baie tatoes op haar liggaam rolprentvervaardigers dwing om meer kreatief te wees tydens die beplanning van naak- en liefdestonele. Kosmetiese rome word gebruik om haar tatoes in sommige van haar produksies te bedek. Jolie het tans, sover bekend, dertien tatoes. Een van hierdie, op haar rug, lees: Know your rights, en op haar voorarm het sy 'n Tennessee Williams aanhaling: 'n gebed vir die met 'n wilde hart, in hokke gehou, toe sy saam met haar ma was. Verder het sy tatoes met die Arabiese term العزيمة ("wilskrag"), die Latynse spreekwoord quod me nutrit me destruit ("wat my voed, vernietig my"), en 'n Jantragebed geskryf in die antieke Khmer en Pali - vir haar oudste seun Maddox. Op haar linkerboarm pryk vier stelle GPS-koördinate, wat die plekke aandui waar haar kinders gebore is.

Oor die jare het sy verskeie ander tatoes met laser laat verwyder of verskuil, insluitend "Billy Bob", die naam van haar gewese man Billy Bob Thornton, 'n Chinese simbool vir die dood (死) en 'n venster onderaan haar rug. Sy verduidelik dat sy ontslae geraak het van die venster, want sy het "jarelank al haar tyd bestee om deur vensters te kyk, en te wens sy was buite, maar nou leef sy heeltyd buite".

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

19754 JunieGolden GlobeHollywoodKaliforniëLos AngelesVerenigde State van Amerika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NederlandsNazi-DuitslandHage GeingobEllipstekenAnglisismeTemperatuurHamburgerWoestynZack du PlessisPenisMoedersdagGeweldSASOLKommaVeerKrokodilVaginaVioolGrondsoorteEkologieAppelNG gemeente TheunissenElektroniese of digitale mediaGoudSwartbewussynsbewegingAkademiaSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureOntwikkelende landLongDiskriminasieLugbesoedelingNederlandHematurieSinoniemAanhalingstekensSebraPrimêre sektor van die ekonomieGrondbesoedelingAntisemitismeMeningsverskil oor aardverwarmingFabelFrankrykDuitse maselsMandalaDuitslandSamestellingGetalNaaldekokerTuberkuloseBloukraanvoëlAfrikaanse taalleerUnited Democratic FrontVoorvoegselSjimpanseeEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaSeisoenEngelsDigvormVars waterKoos du PlessisReënKoos BekkerMonopolyKunsWaterstofKlinkerLys van Suid-Afrikaanse musikanteSkoolTandbederfRina HugoInternet🡆 More