Die swarteend (Anas sparsa) is 'n algemene standvoël in Suidelike Afrika.
Swarteend | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. sparsa |
Binomiale naam | |
Anas sparsa Eyton, 1838 | |
Subspesies | |
|
48–57 cm. Die Swarteend is omtrent totaal swart, met wit vlekke op die rug en helder oranje bene en pote. Die snawel is blouerig. In die skemerure net voor sonsondergang is die eendsoort aktief. Hulle is baie goed gekamoefleer op die donker water en vlieg ook nie sommer op nie.
Die habitat is hoofsaaklik riviere en vloeiende water strome gedurende die dag en groot oop oppervlaktes water gedurende die nag. Dit is 'n tipiese riviereend.
Die eende eet larwes en papies wat normaalweg onder klippe voorkom, klein water diertjies, plantmeteriaal, sade, klein visse en slakke.
Hierdie eende kom wyd verspreid in die meeste dele van Afrika voor, maar is nie juis volop nie.
Die eend uiter hoë-noot fluit.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Swarteend, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.