3 Juno: Asteroïde

Juno (kleinplaneetnaam: 3 Juno) is ’n asteroïde in die asteroïdegordel.

Dit is die derde asteroïde wat ontdek is, in 1804 deur die Duitse sterrekunde Karl Harding; die eerste twee is 1 Ceres en 2 Pallas. Juno is die 11de grootste asteroïde en een van die grootste twee klipagtige (S-tipe) asteroïdes; die ander een is 15 Eunomia.

3 Juno   ⚵
3 Juno: Asteroïde
Juno se wentelbaan is taamlik ellipties met ’n klein inklinasie.
Wentelbaaneienskappe
Epog 9 Desember 2014
Afelium 3,35293 AE
Perihelium 1,98847 AE
Halwe lengteas 2,67070 AE
Wentelperiode 4,36463 jaar
Gem. omwentelingspoed 17,93 km/s
Gem. anomalie 33,077 °
Baanhelling 12,9817°
Lengteligging van stygende nodus 169,8712°
Periheliumhoek 248,4100°
Fisiese eienskappe
Afmetings 320 × 267 × 200 ± 6 km
Gem. radius 135,7 ± 11
Oppervlakte 216 000 km2
Volume 8 950 000 km3
Massa 2,67 ×1019 kg
Gem. digtheid 3,20±0,56 g/cm3
Oppervlak-
aantrekkingskrag
0,12 m/s2
Ontsnapping-
snelheid
0,18 km/s
Rotasieperiode 7,21 uur (0,3004 dae)
Rotasiespoed
by ewenaar
31,75 m/s
Temperatuur ~163 K
maks.: 301 K
Spektraaltipe: S
Skynmagnitude 7,4 tot 11,55
Absolute magnitude 5.33
Hoekgrootte 0,30" tot 0,07"

Volgens raming maak Juno se massa 1% van die totale massa van die asteroïdegordel uit. Desondanks is sy massa net 3% van dié van Ceres.

Vir ’n S-tipe asteroïde is Juno ongewoon weerkaatsend, wat ’n aanduiding van sy oppervlakeienskappe kan wees. Hierdie hoë albedo verduidelik sy relatief hoë skynbare magnitude vir so ’n klein voorwerp wat nie in die binnerand van die gordel voorkom nie. Juno se magnitude kan tot +7,5 wees met ’n gunstige opposisie, wat helderder is as Neptunus of Titaan. Dit is ook die rede hoekom dit ontdek is voor groter asteroïdes soos Hygiea, Europa, Davida en Interamnia. Met die meeste opposisies bereik dit egter net ’n magnitude van +8,7 – dus net-net sigbaar deur ’n verkyker.

Juno is, nes Ceres, Pallas en Vesta, aanvanklik as ’n planeet beskou. In 1811 het Johann Schröter geraam hy het ’n deursnee van tot 2 290 km. Al vier is herklassifiseer as asteroïdes nadat al hoe meer asteroïdes ontdek is. Juno se klein grootte en onreëlmatige vorm sluit hom uit van ’n klassifikasie as dwergplaneet.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

1 Ceres2 PallasAsteroïdeAsteroïdegordelKleinplaneetSterrekunde

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HoofkarakterSuid-Afrikaanse GrensoorlogBorsMangelontstekingAborsie in Suid-AfrikaLongAntoniemLys van Afrikaanse televisiereekseEskomWilna SnymanGeboorteVlekvrye staalNatuurlike hulpbronHoofletterJo BlackOligopolieIronieWaterpokkiesProstaatkankerPlastiekKortverhaalLieweheersbesieBewussynPoesHerfsFotoMantisTswanaWerwelkolomKoolstofC.J. LangenhovenKoos BekkerLys van nedersettings in Suid-AfrikaTwaalf Stamme van IsraelLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsSendelingposisieByStaatstoelaeVoegwoordOplossing (chemie)Lys van hoofstedeMetaalLandbouEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaSiya KolisiKompasDonkieMuskietKoorsWoestynLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)AarverkalkingGeletterdheidEksponentHokkieSonnetIntensiewe vormGrondwetInternetKontinentAmhariesMuishondSout (chemiese stof)Meningsverskil oor aardverwarmingKatTikTokVerenigde State van AmerikaEnkelvoudige sinKonjunktivitisGqeberhaVerkoueAkuutKlimaatsverandering in Suid-AfrikaOmtrek, oppervlakte en volume🡆 More