Stimulus

In fisiologie is 'n stimulus (meervoud stimuli, stimulusse) of prikkel 'n waarneembare verandering in die interne of eksterne omgewing.

Die vermoë van 'n organisme of orgaan om op eksterne stimuli te reageer word sensitiwiteit genoem. Indien 'n stimulus op 'n sensoriese reseptor aangewend word, sal dit normaalweg ʼn refleks uitlok deur middel van sensoriese transduksie. Hierdie sensoriese reseptors kan inligting van buite die liggaam ontvang, soos tasreseptore in die vel of ligreseptore in die oog, asook van binne die liggaam, soos chemoreseptore en meganoreseptore. 'n Interne stimulus is normaalweg die eerste komponent van 'n homeostatiese beheerstelsel.

Eksterne stimuli besit die vermoë om sistemiese reaksies regdeur die liggaam te veroorsaak, soos met die vlug-of-veg reaksie. Vir 'n stimulus om met 'n hoë mate van waarskynlikheid opgetel te word, moet sy vlak die absolute drempel oorskry; indien 'n prikkel die drempel bereik word die inligting na die sentrale senuweestelsel gestuur, vanwaar dit geïntegreer word en besluite oor hoe om te reageer gemaak word. Hoewel stimuli gewoonlik die liggaam laat reageer, maak die sentrale senuweestelsels die finale besluit of 'n sein 'n reaksie regverdig of nie.

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

FisiologieHomeostaseOrgaanOrganisme

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MiltLys van Afrikaanse rolprenteSupersoniesBiotegnologieWes-AfrikaWiskundige terminologieHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalBaskelandParysHindoeïsmeMaanAstronoomWikimedia-stigtingSkildklierKrimpvarkieHenri MoissanOrkney Snork NieSportJapanAalwynWikipediaOssewabrandwag2013 Aboe Dhabi Grand PrixErica BoyerWhatsAppLuidsprekerDuitse maselsPornhubAardbewingJaarTallinnHoofpynKrampWaterpokkiesRefentse MorakePornografieVatikaanstadWaldemar SchultzEmmy ClarkeKommunistiese Party van die SowjetunieMagda van BiljonKunsBorsteVersamelnaamWerkloosheidApostoliese GeloofsbelydenisIngrid WinterbachOogVrymesselarySlangGeskiedenis (vakgebied)Liewe HeksieKaapse MaleiersPenisverlengingTotalitarismeAnglo-BoereoorlogPlat AardeTongaTang-dinastieMuisvoëlSuid-Afrikaanse PolisiediensSpanjeSuid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en KunsProstaatklierBratislavaWhitey BassonValéry Giscard d’EstaingSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1989Isambard Kingdom BrunelSteenkool in Suid-AfrikaRoofdierTwaalf Stamme van Israel🡆 More