Violet

Violet (vernoem na die blom; sien viooltjie) verwys na enige van 'n groep rooierig-blou of blouerig-pers kleure.

#8B00FF
#9932CC
#A146FF
    Hierdie artikel handel oor die kleur Violet. Sien gerus Violet (dubbelsinnig) vir ander betekenisse van die term.

Spesifiek verwys dit na die kleur van lig op die rand van die sigbare spektrum aan die kortgolflengte kant.

Ware spektrale violet kan nie op 'n rekenaarskerm voortgebring word nie. Jy kan die kleur sien deur byvoorbeeld na die refleksie van 'n buislig in 'n CD te kyk.

Sien ook: Ultraviolet.

Kleurkoördinate

Volgens verskeie kleurskemas word violet as volg (slegs by benadering) voorgestel:

Model Koördinate
Heksadesimale kode #8000FF
RGB-kleurmodel (128, 0, 255)
CMYK (50, 100, 0, 0)
HSV (270°, 100%, 100%)

Die gevoel van violet wat deur kortgolflengte lig veroorsaak word kom ietwat pers voor, asof dit ook lang (rooi) golflengtes bevat. Die rede hiervoor is dat die langgolflengte ("rooi") reseptore in die menslike retina sensitief is vir golflengtes in beide die violet-omgewing en die rooi-omgewing. Violet word daarom ervaar as 'n stimulus van beide die rooi en blou keëls.

Skakerings

  • ██ lila/ligpers - tipies bleek (RGB: 200, 162, 200)
  • ██ laventel - tipies bleek (RGB: 230, 230, 250)
  • ██ aandskemer-laventel - (RGB: 138, 73, 107)
  • ██ ametis - (RGB: 153, 102, 204)
  • ██ Engelse laventel - (RGB: 180, 131, 149)
  • ██ heliotroop - (RGB: 223, 115, 255)
  • ██ laventel-blommerig - (RGB: 181, 126, 220)
  • ██ laventel-pers - (RGB: 180, 131, 149)
  • ██ ou laventel - (RGB: 121, 104, 120)

Sien ook

Tags:

BlouKleurLigPers

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Annelize van der RystKlitorisPoësieMenslike skeletMuishondKameelperdGrasBarionLongontstekingAarde se atmosfeerPaulus van TarsusRegardt van den BerghSkarlakenkoorsSuurstofDissipel vir wie Jesus baie lief wasDoziAnilingusVrouOogproblemeTydAnneli van RooyenVoedingAnette EngelbrechtHeupHeliosfeerDoopErnst Otto FischerSkrikkeljaarSpelerposisies in rugbyNAVOGeelsugIndustriële RevolusieWerwelkolomMuskeljaatkatGoeie VrydagFacebookNarsistiese persoonlikheidsteuringPersAkira ToriyamaOssewaGodsdiensHoërskool NoordheuwelCecil John RhodesRefentse MorakeVoornaamwoordAntjie KrogProvinsies van Suid-AfrikaGeslagsorgaanKlein vyf diereSkildklierHelm (geboorte)EekhoringGhanaLetterlike en figuurlike taalgebruikWortelMenslike penisgroottePtolemeusEoraptorSwangerskapCleopatra VIIOpgestopte speelgoedDramaW3CMaanPalmsondagDesiré GardnerIndiëDerrickBrasiliaanse nasionale rugbyspanSelfieHomofoonSwartbewussynsbewegingSwitserland🡆 More