Sjebellerivier

Die Sjebellerivier (Amharies: ሸበሌ ወንዝ Šäbälle wänz, Somalies: Webi Shabeelle, Italiaans: Uebi Scebeli) is 'n groot suid-vloeiende rivier in Oos-Afrika.

Die rivier is met 'n lengte van minstens 1 820 km een van die langste riviere aan die Horing van Afrika en die grootste sytak van die Joebarivier. Sjebelle beteken in Somalies Luiperd.

Sjebellerivier
'n Ruimtevaarder se foto van besproeiing aan die Sjebellerivier.
'n Ruimtevaarder se foto van besproeiing aan die Sjebellerivier.
'n Ruimtevaarder se foto van besproeiing aan die Sjebellerivier.
Sjebellerivier

Die stroomgebied van die Sjebellerivier.

Oorsprong Saamvloei van Ganale Doria en Dawarivier naby Dolow, Ethiopië
Ethiopiese Hoogland
Monding naby Kismaayo, Somalië
Indiese Oseaan
Stroomgebied Ethiopië en Somalië
Lengte 1 820 km
Mondinghoogte 0 m (0 voet)
Gemiddelde afloop 68 ³/s
Stroomgebiedopp. 336 627 km²
Sjebellerivier
Nasa-Satellietbeelde van die Sjebellerivier in Ethiopië en Suid-Somalië voor en tydens oorstromings in 2005

Die Sjebellerivier ontspring in die Ethiopiese Hoogland en sy bron word deur die Sidama asook van die Arsi-Oromo as heilig vereer. Die rivier vloei aansluitend in oostelike en later in suidoostelike rigting deur die Ethiopiese Somali-streek Ogaden. Na omtrent die helfte van sy verloop bereik die Sjebellerivier die grens tot Somalië. Na 'n langwerpige regs-boog vloei die rivier net noord aan die hoofstad Mogadisjoe verby, maar bereik nie die stad nie. Aansluitend vloei die Sjebellerivier parallel tot die kus van die Indiese Oseaan in suidwestelike rigting, waar die rivier die meeste tyd van die jaar in die moeras insypel. Naby Kismaayo, Somalië, mond die Sjebellerivier in die Joebarivier uit, net voordat dit in die Indiese Oseaan uitmond. Die Sjebellerivier is soms ook langer as die Joebarivier, veral tydens reënryke jare.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

  • Wiki AfrikaansSjebellerivier  Wiki Commons het meer media in die kategorie Sjebellerivier.
  • (en) "Shebeli River". Encyclopædia Britannica. Besoek op 26 April 2019.

Tags:

AmhariesHoring van AfrikaItaliaansJoebarivierLuiperdOos-AfrikaRivierSomalies

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

TsoenamiLongontstekingOorstromingKolonoskopieKunsmatige intelligensieWoestynNylsvley-natuurreservaatHolocaustAfrikanersLetterkundeGeprosesseerde kosNarsistiese persoonlikheidsteuringCSSPriemgetalWaterRivierKrimpvarkieSuiwelprodukProstaatkankerHaikoeWet op NaturellengrondOrgasmeLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierRuimteKoue OorlogCristiano RonaldoSosiale mediaLieweheersbesiePrimêre sektor van die ekonomieMikro-ekonomieVaginaKonjunktivitisBloedvergiftigingDroogteOnderhoudHokkieAppel (sanger)SinoniemSkaapKoppeltekenStadGroot DepressieLuiperdBlack SashVoedingMasjienEl NiñoPolitieke partyLys van Afrika-landeKeramiekMisdaadBorskankerVitamienJoodse kalenderAfrikaansAnne FrankHaaieE-posGrondMeeueRugbyOlimpiese SpeleLys van bekende Suid-AfrikanersSpysverteringstelselPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaLys van kinderspeletjiesIdioomLobolaPussy RiotLetterlike en figuurlike taalgebruikKompasKunselementeSlag van BloedrivierIntelligensieHeup🡆 More