Horing Van Afrika

Die Horing van Afrika (Somalies: Geeska Afrika, Oromo: Gaaffaa Afriikaa, Amharies: የአፍሪካ ቀንድ? yäafrika qänd, Arabies: القرن الأفريقي‎ al-qarn al-'afrīqī, Tigrinya: ቀርኒ ኣፍሪቃ), ook Somaliese Skiereiland genoem, is 'n skiereiland en die verste oostelike punt van die vasteland van Afrika, waar die Rooisee in die Indiese Oseaan (Golf van Aden) uitmond.

Die term word ook gebruik vir die aangrensende gebied. In die gebied is die lande Ethiopië, Somalië, Eritrea en Djiboeti geleë.

Horing Van Afrika
Nasa-Satellietbeeld van die Horing van Afrika
Horing Van Afrika
Kaart van die Horing van Afrika

Teenoor die Horing van Afrika is die Arabiese Skiereiland en aan die Horing se kus is die eiland Sokotra geleë wat aan Jemen behoort. In die ooste is die Arabiese See geleë wat 'n deel van die Indiese Oseaan vorm.

Belangrike inheemse tale in hierdie streek sluit in: Somalies, Amharies, Tigrinya, Afar, Oromo en Arabies.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

AfrikaAmhariesArabiesDjiboetiEritreaEthiopiëGolf van AdenIndiese OseaanOromoRooiseeSkiereilandSomaliesSomaliëTigrinya

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HerfsNedersettingPoesPersSamestellingCristiano RonaldoTennisOogproblemeLieweheersbesieKolitisReg tot ‘n gesonde omgewingJakkalsVaste stofPornografieSlag van BloedrivierAnale kankerChemiese verbindingYouTubeViëtnamAfkortingKlimaatveranderingJan-Willem BreureIngrid JonkerDigvormMusiekVolhoubaarheidKongo-krisisPriemgetalSuid-Afrikaanse randLionel MessiNatuurlike hulpbronAlkoholismeKonjunktivitisNatuurwetenskapBeaufortskaalOos-KaapYstertydperkLeestekenHeuningOligopolieGroot TrekStedelike hitte-eilandOnderwysSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureOlifantEjakulasieBurgerregteMagnetismeFiela se kindKnopiespinnekopVulvaTolla van der MerweDiarreeWiki CommonsSokkerWeervoorspellingLetterkundeLys van visseNederlandBloemfonteinReënvalbepalingErns GrundlingStam (taalkunde)Parkinson se siekteInternetNiemetaalGeskiedenis van AfrikaansDikdermKanadaSamespanningDiskriminasieMiskruierMensMIV/vigs in Suid-AfrikaLys van Kaapstad se voorstedeIslamitiese StaatFanie Viljoen🡆 More