Mohammed Bin Zayed Al Nahyan

Mohammed bin Zayed Al Nahyan (Arabies: محمد بن زايد بن سلطان آل نهيان) (* Al Ain, 11 Maart 1961), dikwels na verwys as MbZ, is sedert 14 Mei 2022 die president van die Verenigde Arabiese Emirate en Emir van Aboe Dhabi.

Mohammed bin Zayed Al Nahyan (محمد بن زايد بن سلطان آل نهيان)
Mohammed bin Zayed Al Nahyan

President van die Verenigde Arabiese Emirate
Ampsbekleër
Termynaanvang
14 Mei 2022
Voorafgegaan deur Khalifa bin Zayed Al Nahayan

Emir van Aboe Dhabi
Ampsbekleër
Termynaanvang
14 Mei 2022

Persoonlike besonderhede
Gebore 11 Maart 1961 (1961-03-11) (63 jaar oud)
Al Ain, Emiraat Aboe Dhabi
Nasionaliteit Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate
Eggenoot/-note Salama bint Hamdan Al Nahayan

Biografie

Mohammed Al-Nahyan is gebore as die derde seun van Zayed bin Sultan Al Nahayan en die eerste by sy derde vrou, Fatima bint Mubarak Al Ketbi. Mohammed is 'n opgeleide helikoptervlieënier wat by die Britse Koninklike Militêre Akademie Sandhurst opgelei is.

In November 2003 is Mohammed deur sy vader as Adjunk-kroonprins van Aboe Dhabi aangestel. Ná die dood van sy pa het hy op 2 November 2004 kroonprins geword. Sedert Desember 2004 is hy voorsitter van die Uitvoerende Raad van die Emiraat van Abu Dhabi en ook 'n lid van die Hoogste Petroleumraad. Hy was ook spesiale raadgewer vir die president van die Verenigde Arabiese Emirate, sy ouer halfbroer Khalifa bin Zayed Al Nahayan.

Ander posisies wat hy beklee sluit in voorsitterskap van die Aboe Dhabi ekonomiese ontwikkelingsraad, die Mubadala-ontwikkelingsmaatskappy, die Aboe Dhabi-beleggingsowerheid en die Aboe Dhabi-onderwysraad.

Onmiddellik na die afsterwe van Khalifa, het Mohammed die Emir van Aboe Dhabi geword. ’n Dag later is Mohammed eenparig verkies tot die nuwe president van die Verenigde Arabiese Emirate, wat hom die derde president van die Emirate maak sedert die land in 1971 onafhanklikheid van Brittanje verkry het.

Verwysings

Tags:

11 Maart1961Aboe Dhabi (emiraat)Al AinArabiesVerenigde Arabiese Emirate

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SeeZuurbekomLikkewaanVoorhuidJoaquin PhoenixKaapse MaleiersKlimaatLys van Afrikaanse televisiereekseRing van VuurLiewe HeksieNigerHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalHemelvaartsdagHindoeïsmeNG gemeente MoreletaparkTafelbergSaldoSonsteekRooiwaterPriaposMenseregteKanadaNagmaalHenri MoissanFransBrasiliëFacebookKolitisJohan StemmetWeeluisRuslandNAVOISBN (identifier)Corlia FourieF.W. de Klerk309 v.C.Genitale vratVrymesselaryWitbloedselSaoedi-ArabiëAntoniemWes-SamoaPotchefstroomDermpoliepSalomoSaaltennisGetalHazopBloemhofdamKranskop (koppie)Abstraksie (rekenaarwetenskap)MinervaKarretjiemenseWayde van NiekerkAarverkalkingJohannesburgSt Giles' CathedralBangladesjEstlandGoeie VrydagBelarusLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Kommunistiese Party van die SowjetunieElim, LimpopoBoomWikiLeaksKlein-KarooDigvormMuskeljaatkatStrokiesverhaalYouTubeBahamasDiarreeTandbederfGipsSterGlenys Lynne🡆 More