Brics

BRICS is 'n interregeringsorganisasie bestaande uit tien ontluikende markte, hulle is Brasilië, Rusland, Indië, die Volksrepubliek China, Suid-Afrika (die oorspronklike lidlande waarvan dié akroniem ontleen is), Egipte, Ethiopië, Iran, Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate.

Oorspronklik is die vier eersgenoemde lande as BRIC gegroepeer, met die aansluiting van Suid-Afrika in 2010. Al vyf BRICS-lande behoort tot die voorste nuut geïndustrialiseerde lande en is lidlande van die Groep van 20.

Die lidlande van die BRICS en hulle verteenwoordigers tydens spitsberade.
BRICS-lande
BRICS-lande
Vlag van Brasilië Brasilië (Federale Republiek Brasilië)
President: Luiz Inácio Lula da Silva
Vlag van Rusland Rusland (Russiese Federasie)
President: Wladimir Poetin
Eerste minister: Michail Misjoestin
Vlag van Indië Indië (Republiek Indië)
President: Droupadi Murmu
Eerste minister: Narendra Modi
Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China
President: Xi Jinping
Eerste Minister: Li Qiang
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika (Republiek van Suid-Afrika)
President: Cyril Ramaphosa
Vlag van Egipte Egipte (Arabiese Republiek Egipte)
President: Abdel Fattah el-Sisi
Eerste minister: Moustafa Madbouly
Vlag van Ethiopië Ethiopië (Federale Demokratiese Republiek Ethiopië)
President: Sahle-Work Zewde
Eerste minister: Abiy Ahmed
Vlag van Iran Iran (Islamitiese Republiek Iran)
Opperleier: Ali Khamenei
President: Ebrahim Raisi
Vlag van Saoedi-Arabië Saoedi-Arabië (Koninkryk Saoedi-Arabië)
Monarg: Salman bin Abdoel Aziz
Eerste Minister: Mohammad bin Salman
Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate
President: Mohamed bin Zayed Al Nahyan
Eerste minister: Mohammed bin Rashid Al Maktoum

Samestelling

Die term "BRIC" is oorspronklik deur die Amerikaanse Beleggingsbank- en sekuriteitsverhandelingsmaatskappy Goldman Sachs omtrent einde 2001 vir die groot opkomende markte met 'n jaarlikse ekonomiese groei tussen vyf en tien persent, naamlik Brasilië, Rusland, Indië en die Volksrepubliek China, gebruik. Sedert 2009 vergader die vier lande jaarliks vir ekonomiese en politieke ooreenkomste, sedert 2010 is Suid-Afrika 'n volle lid van die BRICS.

Die BRICS is weens hul groeiende ekonomie, groot bevolkings, groot oppervlaktes en ryk hulpbronne baie belangrik vir die wêreldekonomie. Rusland is met 'n oppervlakte van 17 098 246 km² by verre die grootste land ter wêreld, die Volksrepubliek China is met 'n bevolking van 1 403 500 365 in 2016 die wêreld se mees bevolkte land, gevolg deur Indië se 1 324 171 354 in 2016. Brasilië is volgens oppervlakte sowel bevolking die wêreld se vyfde grootste land.

Die vyf BRICS-lande vorm die leidende lande in hul streke: Brasilië in Latyns- en Suid-Amerika, Rusland in Oos-Europa en Noord-Asië, Indië in Suid-Asië, die Volksrepubliek China in Oos-Asië en Suid-Afrika in Afrika.

Doelwitte en ekonomiese agtergrond

Die doelwitte van die BRICS-lande sluit in die wedersydse ondersteuning in ekonomiese en politiese kwessies asook die oprigting van eie internasionale instellings vir wedersydse beleggings, soos die Nuwe Ontwikkelingsbank.

Sedert die middel-2010's word die ekonomieë van die vyf BRICS-lede deur krisisse en dalende groei gekenmerk. As gevolg van die Krim-anneksasie deur Rusland is die Russiese ekonomie deur die Europese Unie en die Verenigde State aan sanksies onderwerp. Brasilië en Suid-Afrika moet met wydverspreide korrupsie en min ekonomiese groei veg. Net die Volksrepubliek China en Indië toon sedert baie jare 'n konstante ekonomiese groei van meer as vyf persent per jaar.

Uitbreiding met vyf nuwe lede

Brics 
BRICS-leiers op 24 Augustus tydens aankondiging van die uitbreiding

Op 24 Augustus 2023, tydens die 15de BRICS-beraad, het die Suid-Afrikaanse president Cyril Ramaphosa aangekondig dat Argentinië, Egipte, Ethiopië, Iran, Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate deur die huidige lede genooi is om by die blok aan te sluit. Volle lidmaatskap sal op 1 Januarie 2024 in werking tree.

Die doel van hierdie uitbreiding word voorgehou as deel van die plan om 'n "multipolêre" wêreldorde te bou wat gewig gee aan tot dusver gedempte stemme van die Globale Suide en hulle na die sentrum van die wêreldagenda te bring. Op 30 Desember 2023 het die nuwe Argentynse regering egter aan dié land se aansoekproses onttrek en die uitnodiging vir aansluiting van die hand gewys.

Spitsberade

No. Datum(s) Gasland Gasheer Plek Notas
1ste 16 Junie 2009 Brics  Rusland Dmitri Medwedef Jekaterinburg
2de 15 April 2010 Brics  Brasilië Luiz Inácio Lula da Silva Brasília Gaste: Jacob Zuma (President van Suid-Afrika) en Riyad al-Maliki (Palestina se Minister van Buitelandse Sake)
3de 14 April 2011 Brics  Volksrepubliek China Hu Jintao Sanya Eerste spitsberaad met Suid-Afrika ingesluit by die oorspronklike BRIC-lande.
4de 29 Maart 2012 Brics  Indië Manmohan Singh Nieu-Delhi Die BRICS-kabel kondig 'n optiese vesel ondersese kommunikasiekabel-stelsel vir telekommunikasie tussen die BRICS-lande aan.
5de 26–27 Maart 2013 Brics  Suid-Afrika Jacob Zuma Durban
6de 14–17 Julie 2014 Brics  Brasilië Dilma Rousseff Fortaleza
Brasília
Ooreenkomste vir die Nuwe Ontwikkelingsbank en die Voorwaardelike Reserweraad onderteken.
Gaste: Leiers van die Unie van Suid-Amerikaanse Nasies (UNASUR)
7de 8–9 Julie 2015 Brics  Rusland Wladimir Poetin Oefa Gemeenskaplike beraad met SCO-EEU
8ste 15–16 Oktober 2016 Brics  Indië Narendra Modi Benaulim Gemeenskaplike beraad met BIMSTEC
9de 3–5 September 2017 Brics  Volksrepubliek China Xi Jinping Xiamen Gemeenskaplike beraad met EMDCD
10de 3–5 September 2018 Brics  Suid-Afrika Cyril Ramaphosa Johannesburg
11de 13–14 November 2019 Brics  Brasilië Luiz Inácio Lula da Silva Brasília
12de 17 November 2020 Brics  Rusland Wladimir Poetin Sint Petersburg Videokonferensie
13de 9 September 2021 Brics  Indië Narendra Modi Nieu-Delhi Videokonferensie
14de 23 Junie 2022 Brics  Volksrepubliek China Xi Jinping Beijing Videokonferensie
15de 22–24 Augustus 2023 Brics  Suid-Afrika Cyril Ramaphosa Johannesburg Ses lande, naamlik Argentinië, Egipte, Ethiopië, Iran, Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate word genooi om in Januarie 2024 ook lede van BRICS te word.

Hedendaagse BRICS-leiers

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Brics SamestellingBrics Doelwitte en ekonomiese agtergrondBrics Uitbreiding met vyf nuwe ledeBrics SpitsberadeBrics Hedendaagse BRICS-leiersBrics Sien ookBrics VerwysingsBrics Eksterne skakelsBricsAkroniemBrasiliëEgipteEthiopiëGroep van 20IndiëIranRuslandSaoedi-ArabiëSuid-AfrikaVerenigde Arabiese EmirateVolksrepubliek China

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Afrikaanse TaalmonumentNkosi Sikelel' iAfrikaGeestesgesondheidPubiese harePaasfeesMisdaadromanMagnetismeHeupGrondwet van Suid-AfrikaReg tot ‘n gesonde omgewingSeksueel oordraagbare infeksieKoekie (rekenaarwetenskap)HoofkarakterOlimpiese Somerspele 2024Sias ReineckeChemiese verbindingNetbalJo BlackVaginaElizabeth II van die Verenigde KoninkrykNommertekenErdwurmNatuurlike hulpbronTranspirasieEekhoringBosvarkWater (molekuul)Hannes van WykAmandelKhoikhoiBloedingVoornaamwoordOrkney Snork NieIngrid JonkerJaco JacobsGawes van die Heilige GeesGrootste rampe in Suid-AfrikaSeekoeiSonTrekarbeidLys van veltoestandeBelvidere Holy Trinity-kerkKommunismeAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeCovid-19-pandemieKoos KombuisAssonansieWaar ruwe rotseLugbesoedelingSokkerMynbouBoelieryInstagramGNU-lisensie vir vrye dokumentasieBipolêre gemoedsteuringKletsrymVlekvrye staalMoedersdagRicus NelAtoomSomerKoos du PlessisProvinsies van Suid-AfrikaVerkragtingSwitserlandKaapstadOmgewingskwessies in Suider-AfrikaSharpeville-slagtingAardverwarmingWielewaalLys van bekende Suid-AfrikanersOos-KaapOntkiemingHeks van HexrivierVoëlgriepMenslike seksuele gedragPeach van PletzenRatel🡆 More