In biologie is ’n tipe ’n spesifieke voorbeeld (of soms ’n groep voorbeelde) van ’n organisme waaraan die wetenskaplike naam van dié organisme amptelik gekoppel word.
Dit dui dus op die eienskappe wat eie aan die takson is.
Die voorbeelde wat die wetenskaplike wat die takson vir die eerste keer beskryf in sy beskrywing noem, vorm saam die "tipereeks", met uitsondering van die voorbeelde wat die skrywer spesifiek uitsluit. Die volgende moontlikhede bestaan:
Vir name wat ná 1999 gepubliseer word, moet die skrywer óf ’n holotipe óf ’n sintipe aanwys.
Die woord "tipe" kan ook op ander maniere gebruik word wat nie noodwendig amptelike tipes aandui nie, soos allotipe (’n voorbeeld van ’n ander geslag as die holotipe).
In plantkunde kan ’n tipe ’n monster of ’n illustrasie wees. ’n Monster is ’n regte plant (of dele van ’n groot plant of ’n paar klein plantjies) wat dood is en veilig bewaar word. ’n Illustrasie moet ’n gedetailleerde tekening of skildery wees uit die vroeë dae van wetenskaplike klassifikasie toe dit moeiliker was om plante te bewaar. Hoogs talentvolle kunstenaars is soms gebruik om die plant in die fynste besonderhede te illustreer. Dit kan ook ’n gedetailleerde illustrasie wees van iets wat net deur ’n mikroskoop gesien kan word.
Die volgende reëls geld:
Die Internasionale Kode van Benamings vir alge, fungi en plante (ICN) verskaf ’n lys van die verskillende tipesoorte (artikel 9). Die belangrikste hiervan is die holotipe.
Die tipes is:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Tipe (biologie), which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.