1 Makkabeërs is 'n Ou Testamentiese apokriewe boek.
Die boek begin met die verhaal van Aleksander die Grote en sy vroeë dood en sy ryk wat verdeel word. Die gebied van Egipte tot bo Klein-Asië is toegeken aan twee Masedonies-Griekse generaals. Hulle het toe probeer om die hele area te vergrieks. Die boek vertel die verset van een Israelitiese familie, die Makkabeërs, teen die Griekse leiers wat die Hellenistiese godsdiens en kultuur op Israel wou afdwing.
Hierdie boek is die hoofbron vir die Israelitiese geskiedenis tussen die Ou en die Nuwe Testament. Dit is omrede die Ou Testament eindig met die terugkeer van Esra en Nehemia uit die ballingskap, 400 v.C.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article 1 Makkabeërs, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.