Chanoeka

Chanoeka (Hebreeus: חֲנֻכָּה‬, Tiberies: חנוכה, , luister (hulp·inligting) in Moderne Hebreeus, of in Jiddisj; letterlik: inhuldiging, inwyding), ook bekend as Ligtefees, is 'n Joodse herdenking van agt dae wat aan die Chanoekawonder tydens die Tweede Tempel se herwyding in Jerusalem in 3597 (164 v.C.) herinner.

Dit begin elke jaar op die vooraand van 25 Kislew in die Joodse kalender (November/Desember volgens die Gregoriaanse kalender). Die oudste verwysing na die fees is te vinde in die apokriewe boeke van die Makkabeërs en het nie soos die meeste Joodse feeste sy oorsprong in die Tanag nie.

Chanoeka
Die woord "Chanoeka" (חֲנֻכָּה‬) in die Hebreeuse alfabet (chet-noen-waw-kaf-hé)
Chanoeka
'n Chanoekia in Kazimierz (Krakau)
Chanoeka
Die Makkabeërs, skildery deur Wojciech Stattler in 1842
Chanoeka
Die triomf van Judas Makkabeüs, skildery deur Peter Paul Rubens, 1634/1636
Chanoeka
Chanoekaviering op 'n 18de-eeuse skildery deur 'n onbekende skilder in 'n privaat-versameling
Chanoeka
'n Gedekte Chanoekatafel

Tydens Chanoeka word die kerse van 'n kandelaar, bekend as Chanoeka-menora (of Chanoekia), met agt arms een-een aangesteek. Een kers word tipies bo of onder die ander of eenkant geplaas en sy lig word gebruik om die ander agt kerse aan te steek. Hierdie unieke kers staan bekend as die sjamasj (שמש, "dienaar"). Elke aand word een bykomende kers met die sjamasj aangesteek totdat al agt kerse op die laaste aand van die fees saam brand. Ander Chanoeka-tradisies sluit in die speel met die dreidel (סביבון, sewiwón; vergelyk: tol) en die opdis van olie-gebaseerde kos soos latkes (לביבות, lewiwót; vergelyk: aartappelpannekoek of blini) en soefghanijót (סופגניות; vergelyk: bagel of pantsjkes). Sedert die 1970's organiseer die wêreldwye Chabad-Chasidiese beweging Chanoekavierings op openbare plekke in verskeie lande.

Nes Poerim is Chanoeka een van die kleiner (na-Bybelse) Joodse feeste. Bedags is dit 'n gewone werkdag, maar vir die aand bestaan wel 'n paar bepalings hoe die kerse aangesteek moet word en hoe lank hulle moet brand. Die aangesteekte Chanoekia mag nie versteek brand nie en moet van buite af gesien kan word.

Geskiedenis

Chanoeka herinner aan die herwyding van die Tweede Joodse Tempel in Jerusalem in 3597 (164 v.C.) na die suksesvolle Makkabeëropstand van die Jode in Judea teen helleniseerde Jode en Makedoniese Seleukides, soos in 1 Makkabeërs, deur Flavius Josephus en in die Talmoed beskryf. Die Makkabeërs het die Seleukidiese gesag oor Judea beëindig en die tradisionele Joodse Tempeldiens heringevoer. Hulle het die Zeusaltaar verwyder; dié altaar is deur helleniseerde Jode wat JHWH met Zeus gelykgestel en op 'n Griekse manier vereer het, opgerig.

Die menora, die sewearmige kandelaar in die tempel, is bedoel om nooit dood te gaan nie. Volgens die latere tradisie was as gevolg van die gevegte met die Seleukides net een kroeg met geskikte (kosjer) olie te vinde. Hierdie olie was net genoeg vir een enkele dag. Dit neem egter agt dae om nuwe kosjer olie te produseer. Maar deur 'n wonderwerk het die lig agt dae lank bly brand, totdat nuwe geskikte olie geproduseer kon word. Hieraan herinner die agt ligte van die Chanoekia met agt arms. Elke aand word een nuwe lig aangesteek, totdat aan die einde alle agt ligte brand.

Die kandelaar het dikwels nege arms of lighouers, die negende lig is die "dienaar" (שׁמשׁ, sjamasj). Slegs daarmee mag die ander ligte aangesteek word, nadat die nodige seëninge (Hebreeus: ברכה, bragot) gesê is. Kerse of olielampe word as ligte gebruik. Tradisioneel word olyfolie gebruik nes vir die menora in die voormalige tempel.

Na die "verontreiniging" van die Tweede Tempel deur die Zeuskultus is die Chanoekawonder gevier ter nagedagtenis aan die herwyding (1 Makkabeërs 4,36–59; 2 Makkabeërs 10,5–8), totdat in 3830 (70 n.C.) die Tempel deur die Romeine heeltemal verniel is. Chanoeka word in gesinne en sinagogegemeenskappe gevier.

Datums

Die eerste dag is 25 Kislew, die werklike viering begin egter altyd met sonsondergang op die vooraand (omdat 'n dag met sononder begin). Die einde wissel tussen 2 en 3 Tewét, want Kislew is een van die twee skrikkelmaande in die Joodse kalender. Aangesien maande in die Joodse kalender altyd na die maan bereken word, wissel die datum van hierdie dag volgens die Gregoriaanse kalender.

Jaar in die Joodse kalender Datum in die Gregoriaanse kalender
5778 12–20 Desember 2017
5779 2–10 Desember 2018
5780 22–30 Desember 2019
5781 10–18 Desember 2020
5782 28 November – 6 Desember 2021
5783 18–26 Desember 2022
5784 7–15 Desember 2023
5785 25 Desember 2024 – 2 Januarie 2025
5786 14–22 Desember 2025
5787 4–12 Desember 2026
5788 24 Desember 2027 – 1 Januarie 2028
5789 12–20 Desember 2028
5790 1–9 Desember 2029
5791 20–28 Desember 2030

Sien ook

Verwysings

Verdere leesstof

  • (en) Ashton, Dianne (2013). Hanukkah in America: A History. New York: New York University Press. ISBN 978-0-8147-0739-5.

Eksterne skakels

Tags:

Chanoeka GeskiedenisChanoeka DatumsChanoeka Sien ookChanoeka VerwysingsChanoeka Verdere leesstofChanoeka Eksterne skakelsChanoeka1 MakkabeërsApokriewe boekeGregoriaanse kalenderHe-il-חנוכה.oggHebreeusJerusalemJiddisjJoodse kalenderJudaïsmeLêer:He-il-חנוכה.oggTanagTweede TempelWikipedia:Mediahulp

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Elon MuskWelwitschiaFiksieMuishondNapoleon BonaparteKolorektale kankerGeestesteuringWaterkringloopKoorsblaarHoofpynLys van Griekse mitologiese figureThe CranberriesGreen PornoWetenskapErfenisdag (Suid-Afrika)VoedselkettingToestand van materieMarie AntoinetteTermiese geleidingsvermoëLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)VrouJohannesburgTropiese sikloonSuid-Afrikaanse randAntisemitismeAnrich HerbstHannes van WykRekenaarGeskiedenis van Suid-AfrikaSlawernyArabies-Israeliese konflikBurgerregteCalviniaOnderwysSeekatLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHeupWieg van die MensdomBTWGrondbesoedelingKlimaatsverandering in AfrikaVraag en aanbodKonsonantNederlandSelfmoordZack du PlessisLys van kleureParasitiese siektesOnomatopeeStaalLys van chemiese elemente volgens atoomgetalPornografieSpringbokSmaakDriehoekBoelieryHerpes simplexSaartjie BaartmanRepubliek die KongoVolhoubaarheidHorlosieGezina, PretoriaVrymesselaryLeah van NiekerkBosluisbytkoorsKarooLoftus MaraisAfrikaanse woordelys en spelreëlsHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalBeeldspraakChristendomDemi Lee MooreSeksuele penetrasieAanpassingskapasiteit🡆 More