Zucchero Fornaciari

Adelmo Fornaciari Cavaliere di Gran Croce OMRI (Italiaanse uitspraak: aˈdɛlmo fornaˈtʃaːri; gebore 25 September 1955), meer algemeen bekend as Zucchero Fornaciari of slegs Zucchero (Italiaanse uitspraak: ˈdzukkero), is 'n Italiaanse sanger-liedjieskrywer en musikant.

Sy naam is Italiaans vir "suiker", die naam wat sy kleuterskool onderwyseres vir hom gebruik het. Sy musiek word grootliks geïnspireer deur gospel-, soul-, blues- en rockmusiek en mengsels tussen Italiaanse ballades en die meer ritmiese R&B-boogie-tipe stukke. Hy word erken as die "vader van Italiaanse blues", en het blues bekendgestel as 'n hoofstroomgenre in Italië. Hy is een van die min Europese blueskunstenaars wat steeds internasionale aansien geniet.

Zucchero
Zucchero Fornaciari
Agtergrondinligting
GeboortenaamAdelmo Fornaciari
Gebore25 September 1955 (1955-09-25) (68 jaar oud)
OorsprongRoncocesi, Reggio Emilia, Emilia-Romagna, Italië
Genres
Beroep(e)
  • Musikant
  • sanger
  • liedjieskrywer
Instrumente
EtikettePolydor Records, Universal Music Group
Webwerfwww.zucchero.it

Fornaciari het in sy loopbaan van meer as drie dekades wêreldwyd reeds meer as 60 miljoen albums verkoop. Op internasionale vlak is sy mees suksesvolle enkelsnitte "Diamante", "Il Volo", "Baila morena", en die duet "Senza una donna" saam met Paul Young. Hy het reeds verskeie toekennings ontvang, insluitende vier Festivalbar-toekennings, nege Wind Music-toekennings, twee World Music-pryse (1993, 1996), ses IFPI Europa Platinum-toekennings, en 'n Grammy benoeming. Hy het reeds saamgewerk met verskeie gerekende kunstenaars soos Eric Clapton, Jeff Beck, Stevie Ray Vaughan, Brian May, Miles Davis, Ray Charles, B. B. King, Sting, Bono, Dolores O'Riordan, Paul Young, Peter Gabriel, Luciano Pavarotti, en Andrea Bocelli.

Vroeë lewe

Adelmo Fornaciari is op 25 September 1955 gebore in Roncocesi, 'n frazione (klein dorpie) naby Reggio Emilia in Italië. Sy vader, Giuseppe Fornaciari, en moeder, Rina Bondavalli, is van landelike afkoms. Hy was op 'n jong ouderdom reeds die doelwagter van die plaaslike sokkerspan, A.C. Reggiana 1919. Hy spandeer die grootste deel van sy jeug in die kusdorpie Forte dei Marmi (Luca Provinsie, Toskane). Aldaar sing hy in die koor en speel orrel in die plaaslike kerk. Teen ouderdom 12 of 13, ontdek hy Amerikaanse soul- en Bluesmusiek danksy 'n Afro-Amerikaanse vriend wat in Bologna studeer en naby sy huis woon. Die eerste liedjie wat hy aan Fornaciari gespeel het was (Sittin' On) The Dock of the Bay deur Otis Redding. Dit inspireer onmiddellik sy belangstelling in soul. Die vriend het Fornaciari geleer hoe om liedjies deur Redding, Marvin Gaye, en Sam & Dave op die kitaar te speel. Fornaciari het bymekaargekom met vriende om rhythm and blues te speel, en op die wyse sy eie manier ontwikkel om swart musiek met Mediterreense musiek te meng. Hy het reeds op dertien- of veertienjarige ouderdom sy eie liedjies begin skryf, en nadat hy die basiese instrumente onder die knie gekry het, vanaf sestienjarige ouderdom die tenoor saxofoon begin leer. Hy voltooi in Forte dei Marmi sy tegniese hoërskool opleiding, en beweeg weer aan, die keer na Carrara.

Diskografie

    Ateljeealbums
  • Un po' di Zucchero (1983)
  • Zucchero & The Randy Jackson Band (1985)
  • Rispetto (1986)
  • Blue's (1987)
  • Oro Incenso & Birra (1989)
  • Miserere (1992)
  • Spirito DiVino (1995)
  • Bluesugar (1998)
  • Shake (2001)
  • Fly (2006)
  • Chocabeck (2010)
  • La Sesion Cubana (2012)
  • Black Cat (2016)
  • D.O.C. (2019)

    Kompilasies
  • The Best of Zucchero Sugar Fornaciari's Greatest Hits (1996)
  • Zu & Co. (2004)
  • All the Best (2007)
  • Wanted (The Best Collection) (2017)

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Zucchero Fornaciari Vroeë leweZucchero Fornaciari DiskografieZucchero Fornaciari VerwysingsZucchero Fornaciari Eksterne skakelsZucchero Fornaciari195525 SeptemberBluesItaliaansItaliëRockmusiekSuiker

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Enkelvoudige sinPalmsondagWiki CommonsJohanna van der MerweLeah van NiekerkSkrikkeljaarMenslike seksuele gedragEikelBosnië-HerzegowinaMuskeljaatkatByvoeglike naamwoordKarooAlkoholismeGordon MooreVolksrepubliek ChinaMosselbaaiAbrahamitiese geloweEwenaarFacebookJemenLabia (geslagsdele)AalwynRigters2013 Aboe Dhabi Grand PrixAngkor WatPornhubLys van kleureMangelontstekingCaroline, Prinses van HannoverDieregeluideKettinglynHoër Landbouskool BolandWortelSuid-AfrikaLys van slangeAstronoomKadmiumMarkus JoosteTelstar 1Saoedi-ArabiëKekerertjieAkira ToriyamaMagda van BiljonFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014Amptelike taalTweebuffelsmeteenslagmorsdoodgeskietfonteinAntjie SomersPornografiese akteurJapanIlya SutskeverRicus NelSlag van die Goue SporeZazakiDulcie van den BerghKwartêrLys van Joodse feeste en herdenkingsWorldCatSeksposisieAllan BoesakErektiele disfunksieVermaakSt Giles' CathedralPtolemeusHoenderrasseNew YorkLys van lande volgens oppervlakSloweniëColombiaPubiese hareProstaatklierWikiLeaksDiarree🡆 More