Yvonne Chaka Chaka

Yvonne Chaka Chaka (1965-) is ’n Suid-Afrikaanse mbaqanga- en Afropop-sangeres en filantroop.

Haar geboortenaam is Yvonne Machaka en sy het as die "Prinses van Afrika" bekend geword. Naas Suid-Afrika is sy ook in lande soos Zimbabwe, Kenia, Gaboen, Sierra Leone en die Ivoorkus gewild.

Yvonne Chaka Chaka
Yvonne Chaka Chaka
Yvonne Chaka Chaka tydens die Wêreld-Ekonomiese Forum in 2012.
Agtergrondinligting
GeboortenaamYvonne Machaka
Ook bekend asPrinses van Afrika
Gebore1965
Dobsonville, Soweto
GenresMbaqanga en Afropop
Beroep(e)Sanger
InstrumenteStem
Webwerfyvonnechakachaka.co.za

Lewensloop

Chaka Chaka is in 1965 in Dobsonville in Soweto gebore. Haar pa is dood toe sy 11 was en haar ma, 'n huishulp, moes drie dogters op 'n salaris van R40 grootmaak.

In 1981 word sy die eerste swart kind om op Suid-Afrikaanse televisie op te tree (in "Sugar Shack").

Sy begin in 1984 (op 19) te sing, nadat sy deur Phil Hollis van Dephon-rekords ontdek is. Haar debuutalbum, I'm in Love With a DJ, is in 1985 bekendgestel. Deur die jare het sy verskeie treffers, soos "I’m Burning Up", "I Cry for Freedom" en die immergewilde "Umqombothi" ('n Afrika-bier) gelewer. Sy het talle bekroonde albums vrygestel en ’n string goue en platinumtreffers behaal.

Sy is ’n ambassadeur vir Unicef en die Roll Back Malaria Partnership en was in 2012 die eerste vrou wat die Wêreld-Ekonomiese Forum se Kristalprys vir kunstenaars (wat die wêreld deur hulle werk verbeter) ontvang het.

Chaka Chaka is met Tiny Mhinga getroud en het 4 seuns.

Diskografie

    Albums
  • Thank You Mr. DJ (1986)
  • Sangoma (1987)
  • I'm Burning Up (1988)
  • The Power of Afrika (1996)
  • Back On My Feet (1997)
  • Bombani (Tiko Rahina) (1997)
  • Princess Of Africa: The Best of Yvonne Chaka Chaka (1999)
  • Yvonne and Friends (2000)
  • Yvonne and Friends (2001)
  • Kwenzenjani (2002)
  • Princess of Africa, Vol. 2 (2002)
  • Celebrate Life (2006)
    Kompilasie-albums
  • The Princess of Africa: The Best of Yvonne Chaka Chaka (1995)
  • The Princess of Africa: The Best of Yvonne Chaka Chaka Vol. 2 (2002)
    Bydraende kunstenaar
  • Urban Africa: Jive Hits of the Townships (1990)
  • The Rough Guide to the Music of South Africa (1998, World Music Network)
  • The Winds of Change: Words and Music of a Free South Africa (2004)
  • 46664 – Part 2: Long Walk to Freedom (2004)
  • Tales of African Folk: Southern Africa (2005)
  • Hotel Rwanda – Motion Picture Soundtrack (2005)
  • The Rough Guide to African Disco (2013, World Music Network)
  • The Rough Guide to the Music of South Africa Vol. 2 (2006)
  • Experience South Africa (2008)
  • The Rough Guide to African Disco (2013)

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Yvonne Chaka Chaka LewensloopYvonne Chaka Chaka DiskografieYvonne Chaka Chaka Sien ookYvonne Chaka Chaka VerwysingsYvonne Chaka Chaka Eksterne skakelsYvonne Chaka ChakaFilantroopGaboenIvoorkusKeniaMbaqangaSierra LeoneSuid-AfrikaZimbabwe

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PlastiekWinnie Madikizela-MandelaWapen van NamibiëBlack SashSout (chemiese stof)Afrikaanse taalleerFamilie (verwantskap)OlifantMetaalGeldeenheidWillie JoubertToestand van materieZoeloeAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidMisdaadAngolese BurgeroorlogUniegebouVerkleinwoordKaapstadAndrew DavisStaalDuitse maselsMartin Luther King jr.Wikimedia-stigtingCristiano RonaldoMenseregtedagBateBeroerteVreesProksemikaPesachBestuiwingNadia ValvekensHorlosiePornografieHeidelberg, GautengHindoeïsmeDie ontstaan van die dramaSlangMiddeloorontstekingDepressie (gemoedstoestand)KameelperdKlopjagC. Louis LeipoldtSias ReineckeSwartbewussynsbewegingSonKonjunktivitisHipoteseEugenetikaPseudowetenskap23 AprilWeervoorspellingElektrolietWoordLVolhoubaarheidSweedsMenslike seksuele gedragSuid-Afrikaanse InkomstediensRenaissanceTafelsoutSirkusVoëlKoos BekkerWaterRooipandaVerenigde State van AmerikaBedreigde spesieAfrikaanse woordelys en spelreëlsPikkewynTswanaSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Finale OplossingWaterpokkies🡆 More