Wouter Basson: Suid-Afrikaanse geneesheer

Wouter Basson (6 Julie 1950) is 'n Suid-Afrikaanse kardioloog wat tydens die apartheidsjare die hoof van ’n geheime chemiese wapenprogram van die destydse regering was.

Die media het na hom as die "Gifdokter" en "Dokter Dood" verwys. Hy is in 2002 van 67 klagtes teen hom vrygespreek, nadat hy in 1999 met volle salaris van sy militêre pos geskors is. Die staat se appèl teen die uitspraak en hul aansoek by die Grondwethof is van die hand gewys.

Wouter Basson
Gebore6 Julie 1950 (1950-07-06) (73 jaar oud)
NasionaliteitSuid-Afrika
BeroepKardioloog
Bekend virChemiese wapenprogram
TitelDr.

Basson is onder andere daarvan beskuldig dat hy 'n "dodelike driedubbele mengsel (cocktail)" van kragtige inspuitbare spierverslappers verskaf het wat deur die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) tydens Projek "Coast" teen hulle vyande gebruik is. 'n Verslag van die Verenigde Nasies het die bestanddele van die cocktail as ketamien, suksinielcholien, en tubokurarien geïdentifiseer.

In 2013, ná 'n 6 jare lange ondersoek, het 'n tugpaneel van die Raad op Gesondheidsberoepe hom op vier aanklagte van "onprofessionele" en "onetiese" gedrag skuldig bevind. Basson het hulle hof toe gesleep en gesê dat daar geen getuies teen hom geroep is nie. Vonnisoplegging kon gevolglik nie plaasvind nie en hy is nie van die mediese rol geskrap nie.

Op 27 Maart 2019, ses jaar nadat Basson skuldig bevind is aan onetiese optrede deur 'n HPCSA-komitee, het die hooggeregshof in Gauteng beslis dat daar vooroordeel bestaan onder die komiteelede wat die dissiplinêre verhoor voorgesit het. Die regter het beslis dat die verrigtinge (wat deur die HPCSA teen Basson ingestel is) onreëlmatig en onbillik was, en toon 'n totale miskenning van Basson se regte. Die verhoor (en dus die bevinding van onetiese gedrag deur die komitee) is dienooreenkomstig tersyde gestel. Die HPCSA was van plan om teen die uitspraak te appelleer.

Verdere naleeswerk

  • Chandre Gould & Marlene Burger (2002). Secrets and Lies: Wouter Basson and South Africa's Chemical and Biological Warfare Programme. Struik Publishers. ISBN 978-1-86872-341-6.
  • Glenn Cross (2017). Dirty War: Rhodesia and Chemical Biological Warfare, 1975-1980. Helion & Company. ISBN 978-1-911512-12-7.

Verwysings

Tags:

ApartheidKardiologieSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ErosietipesAtoomGeskiedenis (vakgebied)Nederduitse Gereformeerde KerkDurbanJan van RiebeeckLeestekenBruin huisslangOorstromingNasionale VrouedagTransatlantiese slawehandelBruin menseSlag van Cuito CuanavaleHartseerTierEweknienetwerkBestuiwingBerghaanSwartbewussynsbewegingSkynprivaatnetwerkOmgewingskwessies in Suider-AfrikaJakobDikdermStaatstoelaeProstaatkankerVreesPapierMaselsVergelykings (taalkunde)HeupLandbouBlaarSuiwelprodukMiddeloorontstekingDesmond TutuDokterGeallieerdes van die Tweede WêreldoorlogOmtrek, oppervlakte en volumeMensNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaKaapstadse waterkrisis 2015-2018Sias ReineckeLionel MessiSarel Jacob PretoriusMilitêre diensplig in Suid-AfrikaBewussynOlimpiese Somerspele 2012EjakulasieDirekte en Indirekte redeBeaufortskaalBek-en-klouseerHolocaustNoord-Sotho (taal)EnsiklopedieBrittany Ashton HolmesErfenishulpbronAnneli van RooyenStereotipeEienaamDrinkwatervoorsieningPampoentjiesXenofobie in Suid-AfrikaMagneetVryheidsdagProteaGalblaasJeuksiekteElon MuskAssonansieMenslike skeletVierde Industriële RevolusieKatKinkhoesVraag en aanbodGeldVoortrekkermonumentGoud🡆 More