Die Virginia-klas duikboot is die nuutste klas van die Amerikaanse Vloot.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Nadat die Koue Oorlog beëindig is, het die Amerikaners besef dat hulle duikbootbehoeftes drasties gaan verander, baie minder duikbote wat ballistiese missiele dra benodig sal word en dat die duikbote van die toekoms meer veelsydig moet wees.
Die hele duikboot is met 'n rekenaar ontwerp. Die duikboot moet kan aanpas by die veranderde behoeftes, missies en dreigemente wat mag opduik. Die ontwerpbeginsel is dat die duikboot by nuwe omstandighede moet kan aanpas deur nuwe tegnologie met geïntegreerde elektroniese stelsels te kan koppel.
Ander kenmerke is dat die duikboot se sonarstelsel die grootste seinverwerkingsvermoë het van alle bestaande duikbootjagters. Dit beskik oor 'n spesiale vertrek wat oor 'n Integrering Aan/Af fasiliteit beskik, die vertrek word gebruik in operasies te same met die Spesiale Magte wat oor onderwater vaartuie beskik. Dit beskik ook oor 'n verskeidenheid wapens wat swaargewigtorpedo's, seemyne, Tomahawk-kruisermissiele asook onbemande onderwatervaartuie insluit.
Item | Statistiek |
---|---|
Verplasing (oppervlak) | 6 567 metrieke ton |
Verplasing (onderwater) | 7 900 metrieke ton |
Lengte | 115 m |
Breedte | 10,36 m |
Aandrywing | 1 x S9G kernreaktor |
Spoed (oppervlak) | 20,0 knope |
Spoed (onderwater) | 25,0 knope |
Bemanning | 113 persone |
Wapens | 4 x 533 mm torpedobuise Mk 48 ADCAP torpedo's 12 buise vir Tomahawk-missiele Seemyne SEAL afleweringstelsel Onbemande onderwatervaartuie |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Virginia-klas duikboot, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.