Victoria Beckham: Britse sangeres, modeontwerpster en sakevrou

Victoria Beckham (née Adams; 1974-) is 'n Britse popsangeres en mode-ontwerpster.

Sy was 'n lid van die Spice Girls gewees, waar sy die bynaam “Posh Spice" gehad het. In 1999 is sy is met die sokkerheld David Beckham getroud en het as gevolg daarvan wye mediadekking geniet. Die egpaar is een van die wêreld se bekendste glanspare en verskyn dikwels in koerante en tydskrifte in duur, modieuse klere.

Victoria Beckham
Victoria Beckham: Lewensloop, Diskografie, Filmografie
Victoria Beckham tydens 'n konsert.
Agtergrondinligting
GeboortenaamVictoria Caroline Adams
Ook bekend asPosh Spice
Gebore17 April 1974 (1974-04-17) (50 jaar oud)
Harlow, Essex in Engeland
GenresPopmusiek
Beroep(e)Sanger, mode-ontwerper
InstrumenteStem
AssosiasiesSpice Girls

Lewensloop

Victoria Caroline Adams is op 17 April 1974 in Harlow, Essex in Engeland gebore.

In 1994 stig sy en vier ander dames die popgroep Spice Girls. Hulle stel hulle eerste enkelsnit, Wannabe, in 1996 vry. Die snit is 'n oornag sukses en bereik die nommer een-posisie in 37 lande.

Sy is in Junie 1999 met David Beckham getroud. Hulle het drie seuns en een dogter: Brooklyn Joseph (gebore Maart 1999), Romeo James (gebore September 2002), Cruz David (gebore Februarie 2005) en Harper Seven (gebore Julie 2011).

In 2001, ná die Spice Girls, het Beckham 'n kort solo-loopbaan gevolg. In teenstelling met haar mede-orkeslede, kon sy nie die nommer een-posisie op die treffersparade haal nie. Daarna het sy saam met haar man begin om klere en parfuum te skep.

In 2007 het sy saam met die Spice Girls vir 'n wêreldtoer byeengekom.

Diskografie

  • Victoria Beckham, 2001

Filmografie

  • Spice World, 1997 (rolprent, hoofrol)
  • Victoria's Secrets, 2000 (dokumentêr)
  • Being Victoria Beckham, 2002 (dokumentêr)
  • The Real Beckhams, 2003 (dokumentêr)
  • Full Length & Fabulous, 2006 (dokumentêr)
  • Victoria Beckham: Coming to America, 2007 (dokumentêr)
  • Ugly Betty, 2007 (dokumentêr)

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Victoria Beckham LewensloopVictoria Beckham DiskografieVictoria Beckham FilmografieVictoria Beckham VerwysingsVictoria Beckham Eksterne skakelsVictoria BeckhamDavid BeckhamSokkerVerenigde Koninkryk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Persoonlike voornaamwoordAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidHartMoslemVlekvrye staalNatriumPenisTydEdel Agtvoudige PadAanhalingstekensNasionale lied van Suid-AfrikaVlieg (dier)Eerste WêreldoorlogDaggaBlourokkeN.P. van Wyk LouwKersfeesSkaakHutsmerkWortelkanaalPeach van PletzenPikkewynHeuningCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaMilaanMagnetismeLOrthopteraKoolstofdioksiedStaatstoelaeAfkortingOnderhandelinge om apartheid te beëindigKlitorisVlinderVoornaamwoordWoordsoortXhosasMonopolyBerilliumFransSendelingposisieVraag en aanbodAbstraksie (rekenaarwetenskap)SlawernyBysteekInfeksieAfrikaanse taalleerPalestyneDoelwitAfkappingstekenKangogrotteHolocaustHamburgerMenslike penisgrootteBreinSonenergieKaapse MaleiersKoekie (rekenaarwetenskap)OsoonuitputtingNaaldekokerPornografiese subgenresVliegtuigKaartKalahariLys van woestyneDuitse maselsByHomofoonLeierLandbou-ingenieursweseSelfmoordAnilingusPeriodieke tabelAfrikaanse naguilLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaGroot DepressieLiesbreukBoor (element)🡆 More