Veelweter: Individu wie se kennis oor 'n aansienlike aantal dissiplines strek

'n Veelweter (Grieks: πολυμαθής, polymathēs, wat baie geleer het; Latyn: homo universalis, universele mens; Engelsː Polymath) is 'n individu wie se kennis oor 'n aansienlike aantal vakgebiede strek, waarvan bekend is dat die persoon komplekse kennisliggame kan gebruik om spesifieke probleme op te los.

Veelweter: Individu wie se kennis oor 'n aansienlike aantal dissiplines strek
Benjamin Franklin is een van die voorste veelweters in die geskiedenis. Franklin was 'n skrywer, wetenskaplike, uitvinder, staatsman, diplomaat, drukker en politieke filosoof. Hy was een van die stigtersvaders van die Verenigde State.

In Wes-Europa is die eerste werk wat die term veelwetery in sy titel gebruik het (De Polymathia tractatio: integri operis de studiis veterum) in 1603 deur Johann von Wowern, 'n filosoof van Hamburg, gepubliseer. Von Wowern het veelwetery gedefinieer as "kennis van verskeie sake, verkry uit alle soorte studies ... wat vrylik deur al die velde van die dissiplines strek, sover as wat die menslike verstand, met onvermoeide werkywer, in staat is om dit na te streef". Von Wowern lys erudisie, letterkunde, filologie, filosofie en poligeskiedenis as sinonieme.

Die vroegste aangetekende gebruik van die term in die Engelse taal is vanaf 1624, in die tweede uitgawe van The Anatomy of Melancholy deur Robert Burton;, Die woord polymathist is effens ouer, en verskyn eers in die Diatribae upon the first part of the late History of Tithes van Richard Montagu in 1621. Gebruik in Engels van die soortgelyke term polyhistor dateer uit die laat 16de eeu.

Veelweters sluit die groot geleerdes en denkers van die Renaissance en Verligting in, wat uitgeblink het op verskeie velde in wetenskap, tegnologie, ingenieurswese, wiskunde en die kunste. In die Italiaanse Renaissance is die idee van die veelweter uitgedruk deur Leon Battista Alberti (1404–1472) in die stelling dat "'n man alles kan doen as hy wil". Gottfried Wilhelm Leibniz is dikwels as 'n veelweter gesien. Al-Biruni was ook 'n veelweter.

Die konsep, wat 'n basiese beginsel van Renaissance-humanisme beliggaam dat mense onbeperk is in hul kapasiteit vir ontwikkeling, het gelei tot die idee dat mense alle kennis moet omhels en hul vermoëns so volledig as moontlik moet ontwikkel. Dit word uitgedruk in die term Renaissance-mens, wat dikwels toegepas word op die begaafde mense van daardie tydvak wat probeer het om hul vermoëns op alle terreine van prestasie te ontwikkel: intellektueel, artistiek, sosiaal, fisies en geestelik.

Verwysings

  • Veelweter: Individu wie se kennis oor 'n aansienlike aantal dissiplines strek  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

EngelsGrieksKennisLatyn

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Mahatma GandhiHolocaustKapitalismeIslamSelfmoordSuid-Afrikaanse InkomstediensViëtnamoorlogGordelroosLettergreepDigitale en analogiese tydOlimpiese SpeleVerkoueKnysnaTegnologieOligopolieWaterpokkiesKunselementeKommaLys van Joodse feeste en herdenkingsRina HugoBreedtegraadKompasOrgasmeTelwoordVerkleurmannetjieHartTswanaDieregeluideJapanLimpopo (rivier)BosvarkBrandstofBosluisbytkoorsXHTMLRob HersovMaroela MediaSpringbokkeDroogteLetterlike en figuurlike taalgebruikGeslagsgelykheidNG gemeente TheunissenNelson MandelaMigrasie van voëlsNatriumtiosulfaatVaginale kankerKoorsGrondwet van Suid-AfrikaRuan PienaarWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaOntdekking van goud in Suid-AfrikaMoedersdagJesus van NasaretLys van veltoestandeXhosasOrthopteraGesonde dieetLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsKinderregteAustraliëLys van kinderspeletjiesKalsiumLys van Afrikaanse rolprenteInflasieTrappe van vergelykingKunsmatige algemene intelligensieWiki CommonsKitaarOlimpiese SomerspeleAanhalingstekens19de eeuGreen PornoWerkersdagSekondêre sektor van die ekonomieAngolese BurgeroorlogWeervoorspellingEjakulasieNasionale erfenisterreine van Suid-Afrika🡆 More